Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

VERTROUE IN DIE BEHEERPUNT.

 

’n Baie mooi illustrasie van ons afhanklikheid van ’n gevestigde beheerpunt terwyl ons op die aarde lewe, is die vlug van Apollo 11 na die maan. Die beheerpunt was in Houston, Texas. Dit is uiters belangrik dat hierdie drie ruimtevaarders, terwyl hulle om die maan vlieg, en later twee van hulle op die maan land, dat hulle nie die beheerpunt sal verontagsaam nie. Neil Armstrong het sy voete op die maan gesit en een van die kommentators het toe gesê: “ Hierdie manne kannie op die maan bly nie. Hulle moet al die instruksies volg soos dit aan hulle oorgegee word. Hulle het nie net hulleself om aan te dink nie, maar aan die hele beplanning van die projek.”

 

Kind van die Here, dink daaraan, wanneer jy versoek word om op te tree buite die beheer van die Beheerpunt, Christus die Here, het jy nie net jouself om aan te dink nie maar ook aan Christus en Sy Koninkryk.

 

Paulus leer en skryf dit vir die Korinthe gemeente, dat alle werk wat hulle doen moet op Christus as basis wees. Jesus het opgestaan en Hy het gedoen wat Hy gesê het Hy gaan doen. Ja, Hy het gesê dat ons ook saam Hom sal opstaan en lewe. Hy is die beheerpunt van die lewe. Ons kan dit nie ongehoorsaam hanteer nie want dit is lewe of dood.

 

Wat is daar wat vandag maak dat jy sonder Christus wil optree? Jou man/vrou los vir iemand anders???  Jou lewe neem??? Die kerk bedank?? Skuld aangaan?  Wat nog?

 

Gaan word eers stil en vra die Beheerpunt wat jy moet doen!

 

1 KOR. 15:19 “As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense.”

 

GEBED

 

Vader, ek plaas my volle vertroue op U! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00