Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

Een van George Muller se opvolgers het vertel dat “klein geloof in ‘n sterk plank hom oor die stroom sou dra.  Groot geloof in ‘n verrotte plank sou hom in die stroom laat beland.”  Die objek van geloof is hier van meer belang as die grootte/sterkte van geloof.  Jesus Christus en die Woord van God behoort die objek van ons geloof te wees.  Baie mense probeer geloof opwek deur hul emosionele belewing [gevoel] van ‘n saak.  Hulle besef nie dat geloof so groot soos ‘n mosterdsaad magtig kan wees nie.  Wanneer ons op  gevoel staatmaak maak ons op onsself staat.  Wanneer  ons oog egter op Jesus gevestig is sien ons die Almag van God raak.  God reageer op ons ‘oog gevestig op Jesus’;   asook  ons ‘staan’ op die sterk plank, wat Sy Woord is

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00