Geskry Deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

VERLOS VAN SELFMOORD.

 

In Suid-Amerika , in Peru, was ’n evangelis beig met ’n reeksdienste. Die dienste het vir ’n paar dae aangehou en by die voorlaaste diens van die reeks , het die evangelis vir die mense gevra dat hulle moeite sal doen om iemand na die laaste diens te nooi.

 

In die gehoor was daar ’n klein dogtertjie wat so opgewonde was om dit te doen. Sy het besluit dat die eerste persoon wat langs haar gaan sit op die bus op pad terug huistoe, sal sy vra om saam te gaan na die diens.  Sy het op die bus geklim en gaan sit. Die mense het ingeklim maar niemand het langs haar gaan sit nie. Sy het baie ongelukkig by die huis gekom en besef dat die tyd is besig om uit te loop om mense te nooi.

 

Sy het toe besluit om die telefoonboek oop te maak en die eerste nommer wat sy sien te skakel en die mense uit te nooi. Sy het die nommer geskakel en die telefoon het gelui en gelui en gelui. Eindelik het iemand die foon opgetel en “Hallo” gesê. Sy het gevries en het nie geweet wat om te sê nie , terwyl die man aan die anderkant hallo, hallo met ’n negatiwiteit in sy stem, het sy begin om AMAZING GRACE te sing vir die man en daarna het sy haar uitnodiging vir die man “afgelewer” met spanning.

 

Die man het begin huil en het gesê dat net voor die telefoon begin lui het, het hy vir hom en sy vrou ’n gifdrankie geskink en het hulle vir mekaar gesê, dat indien God hulle wil keer dan sal Hy iets doen. Hulle wil selfmoord pleeg, omdat hulle hul werk verloor het, nie meer kos het en nie meer geld het nie. Hulle het die wil om te lewe verloor.

 

Hierdie mense het die dogtertjie die volgende dag ontmoet, hulle is saam met haar na die diens en daar het hulle hul harte vir die Here Jesus Christus gegee en hul lewe het verander.

 

MATT 24:13  Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.

 

GEBED

 

Vader, dankie dat ek my lewe aan U kan gee en kan vertrou dat , ten spyte van wat oor my lewe kom, U my sal dra en my sal lei. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00