Geskryf deur THEUNIS
Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE tjcloete@absamail.co.za
VERDUBBEL JOU LASTE!
’n Bagasie draer in Asia het eens sy bagasie-paal of dra paal geneem om ’n sendeling se bagasie vanaf die stasie na die sendingstasie te dra. Die sendeling het net een groot swaar sak gehad om te dra. Die draer het besef dat indien hy dit aan die eenkant van die paal vasmaak, hy ongebalanseerd sal wees en moeilik sal dra. Hy het toe ’n klip geneem van dieselfde gewig as die sak en dit aan die anderkant vas gemaak. Hy het toe met die dubbele las maklik na die sendingstasie gestap.
Dit is makliker om twee sakke te dra as een. Twee balanseer goed uit.
Ons almal het ons eie laste wat ons moet dra. Soms wil dit vir ons voorkom asof dit genoeg is. Daar is geen behoefte by ons om ander se laste ook te neem en te dra nie.
GAL. 6:2 Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.
Neem ‘n ander se laste saam met die van joune en balanseer so jou laste uit. Dit is die juk van Christus. Die wyse waarop jy jou laste moet dra is om ander se laste saam op te neem en gou sal jy besef dat iemand anders is besig om jou laste vir jou te dra.
FIL. 2:4 Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n.
GEBED
Here, dit voel soms asof my eie laste te veel is om te dra! Open my oë en my verstand om ook my medemens te kan help en hulle laste te kan dra? AMEN