Verdra my Deur Babsie Scholtz

Twee verrimpelde ou hande

 

Wat elke luier van jou

 

Met soveel sorg en liefde

 

Gewas het, totdat dit

 

Melkwit en Troetelsag

 

Op die draad gehang het;

 

Twee ou hande

 

Nou so hulploos , so trek en misvorm

 

So opgeeet deur die pyne

 

Twee hande wat eens jonk was

 

Onvermoeid gewerk het

 

en soms na die dagtaak afgehandel was

 

By kers- en lamplig

 

langs jou wiegie

 

Nog onvermoeid gebrei, gehekel, geborduur het;

 

Elke stekie deurweek met warm liefde vir my kleine mens,

 

My Gods-geskenkie,

 

Vir wie net die beste en mooiste goed genoeg was!

 

Twee hande wat jou bondltjie

 

So teer aan my hart gedruk het.

 

Twee hande vir wie geen taak te groot of veeleisend was

 

Om my lieflingtederlik te versorg nie ;

 

Te voed, te klee , te lei nie.

 

Twee hande gereeld saamgevou in gebed vir jou!

 

Nou twee ou misvormde, verrimpelde, onbeholpe hande-

 

Kan nie eens meer die mens en vurk hanteer nie-

 

Laat die kos op my rok val.

 

So afgesloof, so absoluut hulpeloos.

 

Maartwee ou hande wat tog nog

 

Misvormde vingers inmekaar kan strengel

 

IN GEBED VIR JOU.

 

Twee oe wat eens die fynste stekies kon maak,

 

Die pragtigste kleertjies kon skep.

 

Twee oe wat jou ele bewginkie gevolg het,

 

Oor jou gewaak het as gevare gedreig het,

 

Jou trane gesien het,

 

Jou hartseer gewaar het.

 

Ook jou latere opstand nie misgekyk het nie –

 

Twee oe wat dikwels n traan gestort het-

 

By jou siekbed.

 

Jou angstig dopgehou het dwarsdeur die nag.

 

Twee oe

 

Wat saam met joune geskitter en gevonkel het

 

Oor jou sukses en prestasies.

 

Twee oe wat elke uitknipsel oor jou, versamel het

 

Om blink-trots aan ander te toon.

 

Maar nou is hulle dof.

 

Die glans verloor.

 

Kan nie meer self van jou kronings-heerlikheid lees nie.

 

Wag nou om deur ander se oe te sien-

 

Maar dof en glansloos,

 

Kan ek hulle tognog opslaan

 

Na die berge waar my hulp vandaan kom.

 

IN GEBED VIR JOU.

 

Twee ore wat so vyn ingestel was

 

Op die geringste geluidjie vanuit jou wiegie

 

Twee ore wat elke steuntjie of kreuntjie

 

Van pyn, met eie pyn verneem het.

 

Ook elke klokhelder laggie

 

Met sveel ekstase kon opvang;

 

Jou harts-geheimpies kon aanhoor

 

Kon luister na jou hartseer

 

Kon deel in jou blydskap-

 

Kon luister na jou dartelende voetstappies-

 

Jou onrustig en onseker kon hoor rondrol in jou bed,

 

Nooit ‘n dowe oor gedraai het na jou vertellings nie-

 

MAAR NOU IS HULLE DOOF, STOKDOOF.

 

Geen geritsel, geen geraas, geen geluid,

 

Geen soete klanke of borrelende lag

 

Kan die botte toeheid binnedring nie.

 

Groot eensaamheid…En tog…

 

Ek hoor nog Sy stem wat vir my se:

 

“Ek sal jou nooit begewe of verlaat nie.”

 

‘n Hart wat wat warm geklop het,

 

In blye verwagting en afwagting

 

Op jou koms

 

Soveel drome gedroom het

 

Soveel ideale gekoester

 

Soveel wemse gewens,

 

Vir my kleine mens.

 

‘n hart so ruim en vol liefde

 

Wat net wou gee en gee en gee

 

Net die beste bestee

 

Vir die mensie van my.

 

Gelukkig hat hierdie ou hart nuut gebly

 

Al het jy baie gely.

 

Hy wil graag net gee en nogmaals gee-

 

LIEFDE.

 

Dis al wat oorgebly het in hierdie

 

Vermaerde, verkleinde,

 

Hopelose, hulpelose,

 

Swak-horende,swaksiende,

 

Deur die lewe verrinneweerde

 

Ou liggaam.

 

LIEFDE.

 

Dit kan ek nog en wil ek nog gee.

 

Verdra my maar op die laaste skoffie.

 

As ek weer en weer dieselfde storie vertel.

 

As ek lastig is,

 

As ek in die pad is ,

 

As ek ongewens , oorbodig is ,

 

Net ‘n las om saam te sleep.

 

Verdra my maar asseblief,

 

Vergun my nog ‘n plekkie in die sonnetjie.

 

Verdra my as ek myself nie meer kan help nie,

 

Help jy my nou.

 

Wees my oe,

 

Wees my ore,

 

Wees my hande en voete asseblief.

 

Net tot ek die Jordaan bereik,

 

Net tot ek oorstap na die heerlike oord.

 

Ek het alles gegee en gedoen

 

Wat ek kon.

 

Nou vra ek net .

 

VERDRA MY MAAR.

 

Eendag, ek weet nie wanneer nie,

 

Sal Hy die lewensdraadjie knip

 

Van een ding kan ek seker wees,

 

Ek hoef die doods-joordaan nie te vrees-

 

Daar sal ek weer volmaak fungeer,

 

Geen ouderdom en geen verweer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00