VERANTWOORDELIKHEID.

Baie jare gelede was daar ’n jong man met die naam Paul Gerhardt. Dit is as gevolg van die beskerming van ’n hertog dat Paul ’n kragtige invloed op die kerk gehad het in die tye waarin hy gelewe het. Gerhardt se familie was baie,baie arm en hy het gehelp werk vir inkomste deur ’n baie klein kudde skaap en bokke op te pas.

 

Eendag het ’n jagter uit die nabye bos tussen die bome uit gekom en hom gevra waar is die naaste dorp. Hy het vir die jagter verduidelik dat dit so twaalf kilometer is maar, dat die pad baie swak is en ’n mens maklik kan verdwaal. Die jagter het vir hom gesê dat hy verdwaal is en nie weet watter rigting hy moet gaan nie. Hy het toe vir Paul gevra om sy skape te los en hom na die dorp te neem. Die jagter was bereid om hom te betaal. Gerhardt het geweier en genoem dat indien hy dit doen, die skape in die bos sal ingaan en die wolwe hulle sal vang. Die jagter het gesê dat die eienaar nie een of twee sal mis nie en dat hy hom baie meer sal betaal as die waarde van die skape. Gerhardt het weer geweier en genoem dat die eienaar van die skape hom vertrou. Die jagter het toe aangebied om na die skape te kyk terwyl Gerhardt na die dorp gaan om kos en ’n gids te kry. Gerhardt wou dit nie doen nie, want die skape ken nie die jagter se stem nie. Die jagter het toe genoem dat hy besef dat Gerhardt is ‘n verantwoordelike mens en dat hy hom die pad moet wys na die dorp en dat die jagter maar verder sal soek. Gerhardt het nie toegelaat dat die man gaan voordat hy nie geeet het nie en die jagter van sy kos gegee. Dit is op daardie oomblik dat ’n hele paar manne uit die bos gehardloop kom. Hulle was bly om hulle te sien. Die jagter was toe al die tyd die hertog en die manne het hom gesoek.

 

Hierdie was die begin van Gerhardt se toekoms , want die hertog het hom laat leer en hy het ’n verskil in die kerk gemaak.

 

Dit is wat God verlang van ons as Sy kinders. Ons moet ons verantwoordelikheid ernstig opneem. God het ons elkeen ’n sekere taak gegee om te verrig op hierdie aarde. Ons word deur Hom onderrig om ’n verskil te maak in die kerk en samelewing waar Hy ons geplaas het.

 

GEBED

 

Vader, hou my trou asseblief? AMEN  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00