Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

VEILIGHEIDSGORDELS RED LEWENS.

 

Versoekings is ’n algemene ondervinding en die mens se telkaart vir die

 

weerstand daarvan is nie al te goed nie.

 

Ons weerstand is baie soos die veiligheidsgordels van motors. Indien jy nie jou veiligheidsgordel vasmaak wanneer jy in die motor is nie, dan sal die waarkuwings teken aangaan om jou te herrinner. Die “Buzzer” sal irriterend aan hou! Ons weet dat die veiligheidsgordel is nie gemaak om ons te beseer nie of om ons te beperk in ons bestuur nie. Die gordels is daar om jou veilig te hou en die “buzzer” is jou vriend. Nou weet jy wat om te doen vir jou eie beswil, maar instede om die gordel aan te sit sal sommige die gordels agter hulle rug in mekaar steek , net om van die “buzzer” ontslae te raak, terwyl dit jou slegs herrinner om die beste te doen vir jouself.

 

Ons weet dat die regte ding is die beste vir ons. God begelei ons van die binnekant met die “buzzer” wat die Heilige Gees is. Die Heilige Gees help ons om die versoeking wat oor ons pad kom te weerstaan.  Wat doen die meeste mense of kinders van God? Hulle ignoreer die “buzzer” en soek na ’n weg om dit te omseil. Talle ignoreer God se waarskuwing en volg hulle eie kop ten spyte daarvan dat ons weet dat ons toegee aan versoeking eindig in ’n gemors wanneer ons nie vir Hom luister nie.

 

Versoekings is daar om jou te laat struikel en sondig en daarom moet elkeen meer van die strategie van die Satan leer wat hy met jou wil bereik.

 

MATT. 26:41  Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.

 

JAKOBUS 1:12  Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.

 

:13  Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.

 

JAKOBUS 1:14  Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.

 

JAKOBUS 1:15  Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.

 

GEBED

 

Vader, dankie vir U Heilige Gees wat my lei en versterk wanneer versoekings oor my pad kom! AMEN  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00