Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

VALENTYNSDAG!

 

Valentynsdag word bykans reg oor die wêreld gevier. Die eerste kaartjie wat uitgestuur is , is net na die jaar 1400 en die oudste kaartjie is in die Britse museum te sien. Die eerste kommersiële kaartjie is in Amerika in die jaar 1840 gemaak deur Ester A.Howland wat ook bekend staan as die Moeder van Valentyn. Sy het lint, pragtige foto’s en kant gebruik en dit het later bekend geword as “scrap”.

 

Volgens Greeting Card Association word daar jaarliks een biljoen kaartjies verkoop op Valentynsdag en slegs Kersfees tydperk word meer verkoop naamlik                    2,6 biljoen kaartjies.

 

Die ontstaan van Valentynsdag is en bly ’n misterie. Daar word drie verhale vertel oor die ontstaan van die dag. Ons weet wel dat Februarie bekend gestaan het as die maand van liefde. 

 

Een van die verhale vertel dat Valentyn was ’n priester wat geleef het in die derde eeu van die Romeinse ryk. Keiser Claudius II het besluit dat ongetroude mans beter soldate uitmaak as getroudes en toe verbied hy dat die jongmans mag trou. Valentyn het toe besef dat hierdie bevel was onregverdig en hy het voortgegaan om paartjies in die huwelik te bevestig. Valentyn is toe uitgevind en ter dood veroordeel.

 

Daar word ook vertel dat terwyl hy in die tronk was, het hy ’n brief geskryf aan die tronkbewaarder se dogter op wie hy verlief was. Hy het die brief afgesluit met die woorde “From your Valentine”, woorde wat tot vandag toe nog gebruik word.

 

Alhoewel die storie agter die Valentyn legende in duister is, is dit duidelik dat hy ’n persoon was wat simpatiek, dapper en die belangrikste van alles romanties was.

 

Wanneer ek aan Valentynsdag dink met al die hartjies en liefde daarby betrokke dan dink ek aan die Here Jesus Christus se liefde vir ons as mens. Dit is dan, dat die woorde van  1 Joh. 4:19  Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het. , asook  ROMEINE 5:8  maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. , deur ons gemoed gaan.

 

Wat ‘n wonderlike gedagte om net stil te word voor die Here en dit te bedink. Sy liefde vir JOU – ten spyte wat jy en ek is en doen as mens.

 

GEBED

 

Baie dankie Here, dat U MY lief het! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00