Geskryf deur THEUNIS
Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE tjcloete@absamail.co.za
US NAVY SEALS.
Hierdie eenheid van die Amerikaanse vloot is ’n elite groep wat koevert operasies uitvoer. Hulle was ’n tyd gelede in die nuus met die dood van die wêreld bekende Osama Bin Laden.
Talle doen aansoek vir hierdie opleiding in die vloot maar tot 30persent verlaat die kursus. Hierdie manne wat die kursus nie slaag nie is gewoonlik top fiks maar die toets is verstandelik.
Om te kwalifiseer vir die “Navy Seals” moet toetse geslaag word vir fiksheid, verstandelik en intelligentheid. Hulle moet na ses maande se opleiding 1000m in 20 minute kan swem, 70 armopdrukke in 2 minute en 6,4 km onder 31 minute kan hardloop.
Sodra hulle hierdie toetse geslaag het, kom “Hell week”. In hierdie ses dae word kandidate opgelei vir 20 ure per dag. Hulle hardloop so ongeveer 320km in hierdie tyd en kry slegs vier ure slaap per dag.
Indien ons na slegs van die opleiding en toetse kyk, dan besef ons dat hulle ’n baie moeilike tyd deur gaan. Hulle het tye van sweet en verseker pyn.
Is dit nie ook so in ons Christelike lewe nie? Ons is gered. Ons is oppad na die Hemel. Ons weet waar is ons eindbestemming. Maar dit maak nie dat ons lewens hier op aarde maklik sal wees nie. Dus moet ons aanhou en volhard om die prys van die Koning te ontvang.
1 PETRUS4:12 Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie;
1 PETRUS 4:13 maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel.
ROM. 8:35 Wie sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?
GEBED
Here, U is elke dag met my en U sal my dra totdat U kom. AMEN