U woord verwaarloos 
Jennifer Rene Daniel

 wUoord verwaarloos die laaste tyd

Net, vinnig, kort deurgelees
Is dit miskien die rede
vir ‘n swaarighied van gees

U woord verwaarloos die laaste tyd
Ek weet nie waar ek moet gaan
Die baken wat my die weg moet wys
het vir my weggegaan

U woord verwaarloos die laaste tyd
In sonde het ek beland
want die lig wat my moes waarsku
het vir my uitgebrand

Heer , ek bely my toestand
U woord moet my behou
Nooit meer die skrif verwaarloos
U sien my diep berou

0:00
0:00