TUINE IN DIE WOORD VAN GOD
1. DIE TUIN VAN EDEN – Gen.2:8-19
Die tuin van Eden praat van genade op genade. Die mens wat God geskape het, was genooi om die tuin te geniet waarin die volheid van God was. Die tuin kan gesien word as ‘n tipe van voorsiening wat God in Christus Jesus gemaak het.
A. GOD SE GENADIGE VOORSIENING
Daar was iets in die feit dat dit ‘n:
i. TUIN WAS
Dit is ‘n veilige plek wat voorberei is op ‘n spesiale manier, vir ‘n spesiale persoon. Ons herinner ons aan die verbond wat daar met Christus gemaak is voor die grondlegging van die aarde.
Efe.1:4 “…soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld…”
ii. DIT WAS DEUR GOD GEPLANT
Die mens het geen bydrae gelewer in die skep van sy woonplek nie. Dit, net soos verlossing, was die werk van God. Joha 2:10 “…Daaop het die HERE die vis beveel om Jona op die droë grond uit te spuug.”
Beide die ‘plant’ en die onderhoud daarvan, is die werk van God:
Joh.3:16 “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.”
iii. DIT WAS GEPLANT VIR DIE MENS
God het die beste vir die mens ingedagte gehad met elke boom wat Hy in die tuin geplant het. Hy het elke behoefte van die mens in ag geneem toe Hy voorsiening gemaak het om volkome te bevredig. Dit vind ons in die volheid van Christus. In Christus is God se voorsiening vir die nood van die mens.
Kom ons kyk na sommige van hierdie ‘boom-seëninge’
a. Die Boom van die Lewe
Dit het in die middel van die Tuin gestaan. v9. Die grootste nood van die mens is LEWE. Joh.10:10 “Ek het gekom dat julle lewe en oorvloed kan hê…” Dit was die Boom van die EWIGE LEWE vir Adam. Die kruis van die Here Jesus is die Boom van die Lewe vir die vervalle mensdom. Voordag Adam kon sterf moes hy weggedryf word van die Tuin van die Lewe. Om sonder God te wees, is om sonder HOOP te wees.
b. Elke boom wat goed was
Adam het die bome goed gevind om van te eet. In die voorsiening wat Jesus vir ons gemaak het is daar volkome versadiging. Alles wat die mens graag sou wou hê. Dit het God in wysheid voorsien.
c. Elke boom wat goed was om van te eet
Dit het Adam en Eva opgebou en versterk. Elke belofte van die Here is soos ‘n vrugteboom en die tuin van God is vol daarvan.
d. Daar was die Boom van Kennis van Goed en Kwaad
Ons kan nie werklik goed en kwaad in die ware sin van die woord ken voordat ons nie ingeplant is in die Here Jesus nie. Daar weet ons wat sonde en wat genade is.
e. Daar was ‘n rivier van water V10
Die rivier het die Tuin benat. Ps.46:4 “Laat sy waters bruis, laat hulle skuim; laat die berge bewe deur sy onstuimigheid.” Die seën in Christus dra vrug deur die krag van die Heilige Gees. Ons het ‘n goeie nalatenskap in Christus.
B. DIE MENS SE WONDERLIKE VOORREG
a. Die tuin van volkome harmonie
b. Die tuin van jammerlike sonde
c. Die tuin van kragtelose berou
d. Die tuin van gewaarborgde verlossing
2. GETSEMANIE Matt. 26: 36-46
Toe die Here Jesus die tuin ingaan herinder dit ons onmidelik aan die tuin van Eden. Die ooreenkoms tussen die twee is baie opvallend.
Eden Getsemanie
Alles was heerlik Alles was vreeslik
Het met die duiwel gekominikeer Het Sy Vader opgesoek
Het hulle gesondig Het gely
Het in sonde geval Het die duiwel oorwin
Die stryd was in die dag Het in die nag geworstel
Neem die vrug van Eva Neem die beker van die Vader
Uitgedryf Uitgely
In hierdie paar verse is dit of die Hemelse heerlikheid van die Here Jesus deurbreek, in hierdie donker aardse bestek.
a. Die tuin van desperate gebed v 38″My siel is diep bedroef tot die dood toe; bly hier en waak saam met My.
Dit was ‘n welbekende plek vir die Here Jesus en Sy disiepels want dit was bekend ook vir Judas. Die Here Jesus het ook geglo in die plek van gebed.
b. Die tuin van spesifieke keuse v 39 ” ..My Vader as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.
c. Die tuin van Goddelike versterking Luk. 22:43 “En ‘n Engel uit die Hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk.”
d. Die tuin van eensaamheid Matt. 26:40 ” En Hy kom by die dissipels en vind hulle aan die slaap…..So was julle dan nie in staat om een uur saam met My te waak nie.”
e. Die tuin van duiwelse verloëning Matt. 26:48-49 ” En Sy verraaier het vir hulle ‘n teken gegee en gesê: Die een wat ek sal soen, dit is Hy, gryp Hom.
f. Die tuin van verlatenheid Matt. 26:56 “Toe het al die dissipelds Hom verlaat en gevlug.”
3. DIE TUIN GRAF John 20 1-18
a. Die tuin van groot smart
v 11 “Maar Maria het buitekant die graf gestaan en ween,…..”
b. Die tuin van verbrokkelde verwagtinge
c. Die tuin van nugtere finaliteit
Die lyk van die Here Jesus was in die graf, onder bevel verseël en bewaak. Die einde van ‘n droom het aangebreek.
d. Die tuin van ongelooflik ontdekking
v 15 Vrou waarom ween jy? Omdat hulle my Here weggeneem het, en ek weet nie waar hulle Hom neergelê het nie.”
e. Die tuin van uiteindelike oorwinning
Die prys is betaat, dood en hel is oorwin, die vyand uitgeklee, die Heiland opgestaan en triomfeer.
f. Die tuin van universele getuienis
Geen ander geloof kan jou ‘n leë graf wys nie. Die Moslem wys na Mekka. ens.
4. DIE TUIN VAN HOOGSTE DOEL
Open.2:7 “Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê: Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne-in die paradys van God is.”
a. Voltooiing
b. Volvoering
c. Voltrekking
d. Einddoel
e. Hoogste doel
f. Slot
g. Volmaaktheid
h. Toppunt
************************************************