Geskryf deur THEUNIS,

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

TOON KARAKTER EN STAAN OP!

 

Elke persoon wat homself of haarself uitgee as ’n kind van God of Christen, moet besef dat daar opgestaan moet word teen ’n wêreld wat die Christendom teenstaan. Hoe teenstrydig is dit, dat ’n persoon wat gewas is in die bloed van Jesus Christus moet ineenkrimp teen ’n ongelowige wêreld?

 

 Frederik die Grote het eens op ’n tyd belangrike persone na ’n dinee geleentheid genooi.  Hy het ook sy top generaals genooi en een van die generaals – Hans von Zieten het die uitnodiging nie aanvaar nie. Sy rede was, dat hy die Nagmaal by sy gemeente gaan bywoon.

 

Dit was ’n tyd daarna by ‘n volgende banket, waar Hans von Zieten ook teenwoordig was, dat Frederik die Grote en die ander teenwoordig vir Hans gespot het oor sy geestelike oortuigings. Hulle het grappe gemaak oor die kerk en die nagmaal. In groot gevaar vir sy lewe het Hans opgestaan en baie beleefd gesê:- “ My heer, daar is ’n groter Koning as wat u is. Ek het my lewe aan Hom toegewy tot die dag van my dood. Ek is ’n Christen en ek kan nie hier stil sit en aanhoor hoedat u en die ander die Naam van die Here ydelik gebruik en Sy saak beswadder nie.” Die gaste was in doodse stilte want hulle het geweet dat hierdie uitspraak sy dood kan beteken , maar Frederik het Hans se hand geneem , hom vergifnis gevra en gesê hy sal dit nooit weer doen nie.

 

Hans het gestaan vir dit waarin hy glo en God het hom geeer omdat hy God geeer het.

 

ESRA 10:11 “Gee dan nou aan die HERE, die God van julle vaders, die eer en doen wat Hom behaag en sonder julle af …..”

 

Vandag word kinders van God “aangeval” vir dit waarin hulle glo! Jy en ek moet ons staan staan vir die Here. ‘n Vriend van my wou ‘n besigheid transaksie aangaan maar die ander party wou iets onder die tafel gehad het. Hy het dit duidelik gestel dat hy nie so besigheid doen nie en dat hy ‘n kind van God is. Die ander party was in skaamte en die transaksie gaan voort.

 

Wat van jou? Staan jy op vir die saak van God? Het jy die karakter om die wat die Here se saak verkleineer aan te spreek? Laat ons nie bang wees nie want God is aan ons kant!! God sal die stryd stry indien ons , ons staan staan.

 

GEBED

 

Here U weet dat daar talle is wat onverskillig uitsprake teen U saak en U Naam maak. Vader Dankie dat U vir my die krag en die woorde sal gee om hulle aan te spreek en U te eer. Dankie dat ek so die waarheid van die Evangelie kan versprei.

 

Seën my en my gesin? AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00