TOEWYDING IN GEBED.
Volgens George Muller, was daar 5 voorwaardes wat vir hom die versekering gegee het dat die Here gebed hoor:
1. Hy weet dat dit die wil van die Here is dat almal gered moet word. I Tim. 2:4.
I Joh. 5:14 sê dat ons die versekering het, dat as ons iets vra volgens Sy wil, Hy dit sal doen.
‘n Jong sendeling het vir ongeveer 14 jaar vir sy suster gebid. Soos die jare verby gegaan het, het hy sy roeping in ‘n oorsee se land voortgesit en op ‘n dag, baie onverwags ‘n oproep van haar gehad, terwyl sy haar dringende nood aan haar broer bekend gemaak het, om haar saak met God te skik. Daar oor die foon, teen ‘n baie hoë tarief, het daardie kosbare siel haar hart en lewe aan die Here Jesus oorgegee.
2. Hy het nooit gepleit vir redding volgens eie vereistes nie, maar in die Naam van Jesus Christus, volgens Sy vereistes. I Joh. 1:14.
In die amasone, het 2 vrouens, onder ‘n swart moslem stam gaan werk. Op ‘n wonderlike wyse het die Here hulle gebede vir redding, vir hierdie mense gehoor. Dit het so gebeur: ‘n Toordokter het gesterf. Vreesaanjaende geluide is uit die digte bosse gehoor. Die stam se mense het van angs nie uit hulle huisies gekom nie. Die rede, volgens die stamlede vir hierdie geraas was dat die toordokter se gees deur ander geeste deur die bos gejaag word. Die 2 sending vroue het vir die stamhoof gesê dat hulle die nag om die bos sal loop en sing. Hy het hulle gewaarsku dat hulle sal sterf, maar hulle het hom verseker dat dit is wat hulle wil doen. Teen die middel van die nag het die geskreeu stil geraak. Die vrouens van die stam het om die sendelinge vergader om te hoor wat so ‘n wonder kon veroorsaak. Daar was die geleentheid om met hulle die evangelie te deel en die hele stam het die Here hierdeur gevind.
3. Hy het vas geglo dat God gewillig is om gebed te verhoor. Mark. 11:24. Dit is Sy aard. “Nog voordat jy roep, antwoord Ek.”
Dit is die aard van die Here Jesus om gebed te beantwoord
4. Hy het seker gemaak dat daar nie onbelyde sonde in sy lewe is nie. Ps. 66:18.
‘n Man wat ‘n ernstige probleem gehad het met ‘n tiener dogter en gereëld die Here voorgeskryf het hoe Hy die saak moet hanteer en oplos het ontdek dat hy sy eie lewe skoon moet maak en die saak onvoorwaardelik aan die voete van die Here moet lê, terwyl hy hom daarop toelê om die gesindheid van Jesus, teenoor daardie tiener te openbaar. Sy het na haar Pa begin luister, hom gerespek-teer en hom lief gekry. Dit het vir hom die geleentheid gegee om die evangelie met haar te deel.
5. Hy het geglo in volhardende gebed en het vir sommige van die versoeke vir meer as 52 jaar gebid en gesê dat hy sal volhou totdat die Here antwoord. Luk. 18:7: “Sal God dan nie reg doen aan Sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval.”