Geskryf deur THEUNIS
Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE tjcloete@absamail.co.za
TOEVALLIG OF VOORSIENING?
Op die stoep van hulle winkel het die twee vennote van die besigheid gestaan. Daar was nie besigheid meer gewees nie en die een het gevra:- “ Hoe lank sal ons nog so kan aangaan?”
Die ander een het geantwoord:- “ Dit is duidelik dat ons nie meer besigheid maak nie! Jy weet ek sal nie omgee om te doen wat ek graag wil doen nie! Ek wil in die regte studeer. Ek sal nie omgee om alles wat ons het te verkoop en die skuld te betaal en dan met dit wat ons oor het die boek – Blackstone’s Commentry on English Law – te koop nie, maar ek dink dit is seker onmoontlik.”
Terwyl hulle so praat het daar ’n vreemde en einaardige wa voor die winkel gestop. Die drywer het na die eienaars gekyk en gesê:- “ Ek trek uit hierdie dorp. Julle wil nie miskien ’n goeie vaatjie koop vir vyftig sent nie? Ek kort geld.” Die een het in sy sak sy laaste vyftig sent gehaal en die vaatjie by die man gekoop.
Die hele dag het die vaatjie op die stoep van die winkel gestaan. Die ander eienaar het die hele dag gekla oor die vaatjie wat hy gekoop het. Laat daardie aand het die eienaar na die vaatjie geloop en in die vaatjie gekyk. Hy het ’n klomp papiere gesien en toe buk hy en krap in die vaatjie om te voel wat daar in is. Terwyl hy so krap het hy iets solied gevoel. Hy het dit uit gehaal en verbaas gestaan toe hy besef hy staan met Blackstone’s Commentry on English Law in sy hand.
TOEVALLIG OF VOORSIENING?
Hierdie man was Abraham Lincolin.
Hoe baie dinge gebeur met ons en dan dink ons dit is maar net toevallig?
SPREUKE 16:9 Die hart van die mens dink sy weg uit, maar die HERE rig sy voetstappe.
SPREUKE 20:24 Die voetstappe van ‘n man hang van die HERE af: hoe sou ‘n mens dan sy weg verstaan?
GEBED
Dankie Here, dat U vir my elke dag voorsien! Dankie dat ek U met my alles kan vertrou! Dankie dat U my voetstappe rig! AMEN