Customize Consent Preferences

We use cookies to help you navigate efficiently and perform certain functions. You will find detailed information about all cookies under each consent category below.

The cookies that are categorized as "Necessary" are stored on your browser as they are essential for enabling the basic functionalities of the site. ... 

Always Active

Necessary cookies are required to enable the basic features of this site, such as providing secure log-in or adjusting your consent preferences. These cookies do not store any personally identifiable data.

No cookies to display.

Functional cookies help perform certain functionalities like sharing the content of the website on social media platforms, collecting feedback, and other third-party features.

No cookies to display.

Analytical cookies are used to understand how visitors interact with the website. These cookies help provide information on metrics such as the number of visitors, bounce rate, traffic source, etc.

No cookies to display.

Performance cookies are used to understand and analyze the key performance indexes of the website which helps in delivering a better user experience for the visitors.

No cookies to display.

Advertisement cookies are used to provide visitors with customized advertisements based on the pages you visited previously and to analyze the effectiveness of the ad campaigns.

No cookies to display.

Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

TIMMERMANSWINKEL VERGADERING.

 

Baie lank gelede was daar ’n vergadering gehou in die Timmermanswinkel deur al die gereedskap. Almal was teenwoordig en Hamer was die voorsitter.

 

Daar was verskeie voorstelle dat Hamer die vergadering moet verlaat omdat hy te veel raas.

 

Hamer sê toe: “Indien ek moet loop dan moet broer Skroef ook, want hy moet gedraai en gedraai word voordat hy ’n bydrae lewer.”

 

Dadelik antwoord Skroef: “As ek moet gaan moet broer Skaaf ook gaan , want hy het geen diepte nie en sy werk is oppervlakkig.”

 

Daarop is broer Skaaf dadelik op sy lemme en sê: Broer Maatband moet ook gaan want hy meet voortdurend die ander asof hy alleen reg is.”

 

Dit is toe dat die deur van die werkswinkel oopgaan en die Timmerman in stap. Hy trek sy werksvoorskoot aan , stap na die werksbank en begin om ’n preekstoel te maak. Hy gebruik die hamer, die skroef, die skaaf, die maatband en ook al die ander gereedskap wat daar is om die preekstoel te maak.

 

Nadat die preekstoel klaar is , stap Hy uit en toe maak broer Skroef die opmerking: “Broers, ek het gesien dat ALMAL van ons met die Here saamgewerk het aan hierdie pragtige preekstoel.”

 

Vriende – so gebruik die Here een en elkeen van ons! Miskien dink die ander jy raas te veel of is oppervlakkig of jy is baie stadig in jou werk – maak nie saak wat nie – God gebruik ALMAL VAN ONS!!!

 

Ook vir JOU wat niks of min van jouself dink!

 

Elkeen het ’n gawe of gawes, deur God gegee, ontvang en dit is ons verantwoordelikheid om NIE op die ander te let NIE maar om JOU gawe/s aan te wend tot eer van God!

 

ROM. 12:4 Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie,

 

:5 so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar.

 

:6 En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is:

 

GEBED

 

Here dit is wonderlik om te weet  dat U vir my ook ’n gawe of gawes gegee het wat ek kan gebruik en ontwikkel tot U eer. Here help vir my om NOOIT my oë op ander mense te fokus nie, omdat hulle ook foute maak net soos ek? Help my om te alle tye op U gefokus te wees my Leidsman en die Voleinder van my geloof? Here baie dankie dat ek ook hierdie week aan U kan gee met die wete U sal my dra en ondersteun asook my gebruik tot U eer. AMEN

0:00
0:00