Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE
In Pennsylvania word George Wilson in 1829 ter dood veroordeel. President Andrew Jackson het hom die vergunning van begenadiging toegestaan. George Wilson besluit egter om hierdie aanbod van die hand te wys. Omdat dit ‘n onbekende soort saak was is dit na die Hoogste Hof verwys. Die beslissing van die Hoofregter was soos volg: “Kwytskelding was moontlik, maar moes deur die betrokke person aanvaar word. George Wilson se doodsvonnis moet voltrek word.” God het die wêreld so lief gehad dat hy sy Seun gegee het om sondes te ‘begenadig’ [kwyt te skeld]. Hierdie begenadigingsplan van God moet egter deur elke mens persoonlik aanvaar word. Indien dit nie persoonlik aanvaar word nie bly dit waardeloos en het dit geen effek op só ‘n lewe nie.