Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

TARGUMS.

 

Meer as 500 jaar voordat Jesus gebore is, het die Jode na Judea terug gekeer. Hulle het gekom vanuit hulle ballingskap vanaf Babilon. Dit is omtrent hierdie tyd dat van die Geestelike leiers kommentare begin skryf het  oor ’n verskeidenheid boeke van die Bybel en hierdie kommentare het hulle “Targums” genoem.

 

Een van hierdie kommentare het gehandel oor die profesië vanuit die boek Jesaja.

 

Hierdie  “Targum”, wat 500 jaar voor Christus se geboorte geskryf is, het gehandel oor JESAJA 9:6 “ Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors— “

 

“And there was called His name from of old, Wonderful Counsellor, Mighty God, He who lives for ever, the Messiah, in whose days peace shall increase upon us.” Targum of Isaiah

 

Ons beweeg al hoe nader aan Kersfees. Dit is vir elke kind van God belangrik om te alle tye te onthou dat dit NIE oor die geskenke en vakansie gaan NIE, maar oor die Seun van God wat vir ons gebore is.

 

Hierdie Kind is aan ons gegee sodat ons elkeen vrede in ons hart kan verkry. Hierdie belangrike aspek is jare , dekades, eeue voor Sy geboorte voorspel.

 

Is God die Seun vir jou ‘n werklikheid – daagliks?

 

Is Hy vir jou Wonderbaar , Raadsman , Sterke God, Ewige Vader en Vredevors?

 

Laat ons nou al ons gemoed  gereed kry om Hom – ons Koning en Meester – te eer en te aanbid vir dit wat Hy is.

 

GEBED

 

Here, ek aanbid U vir dit wat U vir my is. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00