Mat 9:37-38
Mat 9:37-38 Toe sê Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min.
Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in Sy oes mag uitstuur.
Daar was ‘n groep wat bekend gestaan het as die Vereniging van Vissermanne. Hulle het in ‘n omgewing gebly wat baie ryk was aan mere en riviere wat gevul was met honger visse. Hierdie groep het gereeld bymekaargekom om met mekaar te gesels oor die roeping om vis te vang, om te gesels oor die oorvloed visse, en ook om met mekaar te gesels oor die opwinding van visvang. Hulle was baie opgewonde oor hierdie visvang ding.
Op ‘n dag het een van die lede van die Vereninging voorgestel dat hulle ‘n filosofie van visvang nodig het. Hulle het toe sorgvuldig die idee van visvang gedefinieer en herdefinieer, en ook bepaal wat die doel van visvang moet wees.
Hulle het allerhande strategiee uitgedink, en verskillende taktieke bespreek oor visvang. Maar hulle kom toe tot die besef dat hulle nog heeltyd agterstevoor te werk gegaan het. Hulle het nog die heeltyd die idee van visvang van die vissermanne se perspektief benader, en het die visse se perspektief heeltemal buite berekening gelaat! Hoe kyk visse na die wêreld? Hoe lyk die vissermanne vir die visse? Wat eet die visse? Wanneer eet die visse? Hulle het besef dat hierdie alles goeie dinge is om te weet, so besluit toe dat hulle navorsing oor hierdie dinge moet doen. Hulle het ook op ‘n gereelde basis konverensies bygewoon om hierdie dinge te bespreek. Party lede van die Vereniging het ook na verafgeleë plekke gegaan om verskillende soorte visse te bestudeer, hierdie vreemde visse se gewoontes te ontleed ensomeer. Party van hulle het self Doktorale in viskunde verwerf. Maar niemand van hulle het al ooit gaan visvang nie.
Toe besluit hulle om ‘n kommittee te stig om vissermanne uit te stuur. Hulle het egter ‘n probleem identifiseer, naamlik dat die potensiele visvangplekke ver meer was as die vissermanne, so die kommittee moes toe nog verder gaan om ook prioriteits bepalings te doen van watter visvangplekke eers bewerk moes word. Hulle het toe ook ‘n prioriteitslys van visvangplekke laat publiseer en in al die vergaderplekke van die vereniging aangebring. Maar helaas, nog steeds het niemand visgevang nie.
Hulle het toe ‘n meningspeiling proses aan die gang gekry om uit te vind hoekom niemand visvang nie. Meeste van die lede van die vereniging het eenvouding nie die meningspeiling ingevul nie, maar na aanleiding van die wat dit wel ingevul het, het hulle agtergekom dat sommige gevoel het dat hulle geroep was om visse te bestudeer, sommige van hulle om goeie visvangtoerusting te vervaardig en te voorsien, en sommige om na vissermanne te gaan en om hulle te bemoedig. Met al hierdie vergaderings, konverensies en seminare, het hulle eenvouding net nie die tyd gehad om te gaan visvang nie.
Mat 4:19 En Hy sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak.
Nou, ou Gert was ‘n nuweling in die Vereniging van Vissermanne. Een aand, na ‘n besondere goeie vergadering van die Vereniging, het hy toe gaan visvang, en het hy van toe ook die aand ‘n groot vis. Met die volgende byeenkoms, vertel hy toe sy storie. Die Vereninging het hom vereer vir sy vangs. Hulle vertel ook toe vir hom dat hy ‘n besondere gawe het vir visvang. Hulle skeduleer hom toe dadelik om by al die vergaderplekke sy storie te gaan vertel, Hoe het hy die vis gevang, watter aas het hy gebruik, watter soort visstok, het hy ‘n spesiale katrol moes gebruik, en by watter rivier het hy hierdie wonderlike vangs gehad. Met al hierdie uitnodigings, en boonop nog sy verkiesing tot die raad van direkteurs van die Vereniging van Vissermanne, het Gert egter hierna nie meer tyd gehad om te gaan visvang nie.
Dit het egter nie lank gevat voordat hy rusteloos en leeg begin voel het nie. Hy het daarna begin verlang om weer die gepluk aan die lyn te voel. Hy besluit toe om van die raad van direkteurs te bedank, los toe al sy toesprake, en kry een van sy vriende om saam met hom te gaan visvang. Die twee van hulle het toe gereeld gaan visvang.
Die lede van die Vereniging van Vissermanne was baie. Die vis was baie, maar van die vissermanne was daar maar min.
Joh 4:31-38 En intussen het sy dissipels by Hom aangedring en gesê: Rabbi, eet.
Maar Hy sê vir hulle: Ek het voedsel om te eet waar julle nie van weet nie.
Die dissipels sê toe vir mekaar: Het iemand dan vir Hom ete gebring?
Jesus sê vir hulle: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om Sy werk te volbring.
Sê julle nie: Dit is nog vier maande, dan kom die oes nie? Kyk, Ek sê vir julle, slaan julle oë op en aanskou die lande dat hulle al wit is vir die oes.
En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die ewige lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees.
Want hierin is die woord waar: Dit is een wat saai, en ‘n ander wat maai.
Ek het julle gestuur om te maai waar julle nie aan gewerk het nie. Ander het gewerk, en julle het in hulle arbeid ingegaan.
Vir meer inligting oor die eienaar van der Walt, kliek hier