Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

SPRINKANE EN GEBED.

 

Dit is in die jaar 1876 dat sprinkane bykans die hele oes verwoes het in Minnesota in Amerika. Met die aanbreek van die lente in 1877 was die boere bang dat dit weer sou gebeur. Hulle was vol vrees dat die sprinkane weer hulle besoek sal bring en skade aan duisende mense se lewens.

 

Die situasie was so ernstig dat die Goewerneur John S. Pillsbury die 26 ste April as ’n dag van vas en gebed uitgeroep het in die hele streek. Die 26 ste April is alle winkels, skole en kantore gesluit. Die mense het hulle voor die Here God verootmoedig in erns.

 

Die volgende dag was die dagbreek mooi en besonders. Die temperatuur het gestyg soos wat dit gewoonlik in die somer is. Uitsonderlik hoog vir April maand. Sprinkane het uitgebroei en die mense was verslaan. Drie dae lank was die temperatuur hoog en die sprinkane het uitgebroei. Dit het voorgekom asof dit nie lank sal wees voordat die biljoene sprinkane aan die oes begin vreet nie.

 

Die vierde dag het die temperatuur gedaal en daardie nag het dit vriespunt gehaal. Die gevolg was dat elke sprinkaan het gevrek van die koue so asof gif of vuur gebruik was om hulle te vernietig.

 

Dit staan bekend in die geskiedenisboeke as die dag wat die Here God die mense se gebede beantwoord het.

 

Liewe vriend/in. Wat is die behoefte wat jy het? Is dit nie die tyd dat jy moet verootmoedig voor die Here nie? Hoeveel verloor hul werk? Hoeveel sit met moeilikheid in die huwelik, finansies, kinders, en wat nog? Soeke by jou is na ’n kontak om jou probleem op te los! Jy bel hier en kuier daar – wat van God?

 

Is jy bereid om die tyd uit te koop en af te sonder en in die gebed met God jou saak deur te bid? Indien God dit vir mense in 1877 kon doen , wat verhinder Hom om dit vandag vir jou te doen? Is Hy nie gister,vandag tot in alle ewigheid dieselfde nie? Kom God se voorwaardes na en God sal jou gebed verhoor!

 

PSALM 18:1  Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid, die kneg van die HERE, wat die woorde van hierdie lied tot die HERE gespreek het op die dag toe die HERE hom gered het uit die hand van al sy vyande en uit die hand van Saul.

 

:2 En hy het gesê: Ek het U hartlik lief, HERE, my sterkte.

 

:3 Die HERE is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots   

 

    by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting.

 

:4 Ek roep die HERE aan wat lofwaardig is, en van my vyande word ek verlos.

 

:5 Bande van die dood het my omring, en strome van onheil het my oorval.

 

:6 Bande van die doderyk was rondom my; strikke van die dood het my teëgekom.

 

:7 Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep, en ek het tot my God geroep om hulp; Hy het my stem uit sy paleis gehoor, en my hulpgeroep voor sy aangesig het in sy ore gekom.

 

GEBED

 

Vader, my volle vertroue is in U. Dankie vir die voorreg van gebed om in U Allerheiligste te mag ingaan met my probleme, behoeftes en vreugde. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00