Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

SPORE IN DIE SNEEU.

 

Die argitek Frank Wright het van ’n insident vertel wat op die bepaalde oomblik niks beteken het nie ,maar vir hom later baie beteken het in sy lewe.

 

Dit was winter, hy was maar net 9 jaar oud en hy het saam met sy moeilike, omgekrapte oom oor ’n sneeu bedekte veld geloop. Hulle het die oorkant van die veld bereik toe sy oom hom in sy spore laat staan. Hy wys hom toe terug oor die veld waardeur hulle gekom het. Daar was twee rye spore in die sneeu. Die oom se spore was reguit en die jong Frank se spore was heen en weer oor die veld. “ Kan jy sien hoe jou spore van die draad na die beeste en dan na die woud en weer terug gaan? Kyk nou na my spore? Dit is doelgerig, reguit na die doelwit wat ek wou bereik! Jy moet die belangrike les in hierdie verhaal besef?”

 

Dit was baie jare later dat die bekende argitek verwys het na die verhaal en die invloed wat dit gehad het op sy lewe. “ Nadat my oom hierdie les vir my uitgewys het, het ek dadelik besluit om nie die meeste dinge in die lewe by my te laat verby gaan nie” het hy met oë wat skitter gesê.

 

Hierdie is ’n wonderlike les vir ons almal in die lewe. Ons moet nie dat die lewe by ons verby gaan nie maar ons moet ook onthou dat hierdie lewe gaan verby – 1 JOH. 2:17  En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.

 

Is jy besig om DAAGLIKS die wil van God te doen? Die Heilige Gees lei jou en daarom moet ons sensitief wees vir Sy stem.

 

GEBED

 

Vader, dankie dat ek U elke dag kan vertrou vir my spore in hierdie lewe. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00