Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

                                     SKOENE VAN GISTER

 

Al is jou spore vergete

 

al is jou sole verslete

 

al is die pad lank en swaar

 

die skoene moet jy dra

 

jou verlede klou verbete aan die veters van jou gewete

 

Maak jouself los van jou

 

GISTERS dis verby

 

LEEF vir vandag want dis al wat jy het

 

Hoe dikwels klou ek en jy nie nog aan die

 

veters van gister vas nie oor dit wat ons moes of nie moes doen nie

 

As die lewe of mense jou al onderste… bo gestamp het

 

sal jy weet hoe moeilik dit is om jou

 

ou skoene van gister uit te trek en met nuwes verder te stap

 

Die skoene van GISTER is mos lekker sag en gemaklik en uitgetrap terwyl die

 

NUWES jou druk en knyp.

 

Vader help my om los te kom van al my gisters, sodat ek my mores kan leef.

 

Amen                                                                                               Oorsprong onbekend

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00