Die Bohémien hervormer,

Die Bohémien hervormer, John Huss, is in 1415 op ‘n brandstapel verbrand.   Net voordat sy beskuldigers  die stapel aan die brand gesteek het, het hulle ‘n papierkroon op sy kop geplaas wat vol duiwels geverf was.  Sy spotters het hy geantwoord deur te sê:   “Die Here Jesus Christus het om my ontwil ‘n doring-kroon gedra;  waarom sal ek dan nie ter wille van Hom hierdie ligte kroon dra nie?  Ek doen dit waarlik gewilliglik.” Nadat die hout gestapel is tot by Huss se nek, het die Beierse Hertog hom versoek om van sy prediking afstand te doen.   In volle vertroue op die Woord van God het Huss egter geantwoord:   “Vandag sterf ek gewilliglik en met vreugde vir die waarheid van die Evangelie wat ek verkondig.”   Die hout is aan die brand gesteek  en Huss het sterwende gesing:   “Jesus Christus, Seun van die lewende God, wees my genadig.”  –  P.R.V.                                                                                                           [Our Daily Bead – 7 Maart]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00