Sigar se vrou (Joh. 4)

In Samaria by Sigar woon sy
Haar naam dra ‘n letsel wat vriende vermy
Al met die voetpad na Jakob se put
So leeg was haar waterkan, so leeg soos haar hart.
 
Maar Jesus kyk dieper as al jou godsdienstige praatjies
En Hy sien die dors van jou soekende siel
Haal af daardie masker van voorgee
Word eerlik, erken maar jou skuld
Jy kan tog nie wegsteek wie jy werklik is
Sit neer daardie skepding soos Sigar se vrou
Drink by die Messias, jy kan Hom vertrou.
 
Jesus se water sou sy graag wou drink
Want dan sal die mense van haar beter dink
Roep eers jou man, – want My water gee Ek
Aan soekers wat dors het om waarheid te vind.
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00