Geskryf deur THEUNIS
Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE tjcloete@absamail.co.za
SELFVOLDAANHEID.
Die vorige president van Amerika , George Bush, se nasionale sekuriteits adviseur , Condoleezza Rice , is ’n predikantsdogter. Sy het in die kerk groot geword. Sy het in haar middel twintigs besef dat sy van die kerk vervreemd geraak het. Rice het haar verhaal aan ’n Sondagskoolklas vertel in Washington DC. in Augustus 2002.
“Ek het nooit in die bestaan van God getwyfel nie, maar ek dink soos alle mense het ek my op en af in die geloof gehad. Vanaf 1981 toe ek in Stanford was, het ek nie gereeld kerk bygewoon nie. Ek was ’n spesialis in internasionale politiek en het baie gereis. Een Sondagoggend het ek ’n diens bygewoon en die predikant het ’n boodskap gebring oor die verlore seun. Hy het op die oudste broer in sy boodskap gekonsentreer. Hy het die oudste broer voorgehou, nie as iemand wat al die regte dinge gedoen het nie, maar as iemand wat tevrede geraak het met sy eie lewe. ’n Gelykenis van selfvoldaanheid en inskiklikheid in sy geloof en mense wat so selfvoldaan is , dat hulle nooit die belangrikheid van weergeboorte besef nie. Ek het aan myself gedink as die oudste seun wat nooit getwyfel het aan die bestaan van God nie, maar so selfvoldaan geword het, dat ek nie in die geloof , soos wat God dit van my verlang, gewandel het nie. Hierdie dag het ’n groot verandering in my lewe gebring en ek het meer betrokke geraak by die kerk en meer aktief begin bid.”
Hoe staan jou lewe??? Is jy ook maar selfvoldaan maar wandel nie in die geloof nie? IS JY WEERGEBORE? Is jy seker dat indien jy vandag sterf jy hemel toe sal gaan?
LUKAS 15:25 En sy oudste seun was in die veld, en terwyl hy al nader na die huis kom, hoor hy musiek en beurtsange.
:26 En hy roep een van die diensknegte na hom toe en vra wat dit beteken.
:27 Dié sê toe vir hom: U broer het gekom, en u vader het die vetgemaakte kalf geslag, omdat hy hom gesond teruggekry het.
:28 En hy het kwaad geword en wou nie binnegaan nie. Sy vader gaan toe uit en smeek hom.
:29 Maar hy antwoord en sê vir sy vader: Kyk, ek dien u so baie jare en ek het nooit u gebod oortree nie, en vir my het u nooit ‘n bokkie gegee, sodat ek saam met my vriende vrolik kon wees nie.
:30 Maar toe hierdie seun van u kom, wat u goed met hoere deurgebring het, het u vir hom die vetgemaakte kalf geslag.
:31 Toe sê hy vir hom: Kind, jy is altyd by my, en al wat myne is, is joue.
GEBED
Hemelse Vader, toon my selfvoldaanheid? Gee dat ek U met volle oorgawe sal aanbid en soek elke dag! AMEN