Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

SELFMOORDE NA DRIE-DUBBELE RAMP

 

’n Dun straaltjie selfmoorde in die streek, wat 11 Maart verwoes is deur die massiewe M9.0 grootte aardbewing en die daaropvolgende tsunami kan binnekort ’n rivier word. Daar is die boer, wat weens bekommernis oor ’n kooloes, wat bederf is deur radio-aktiewe neerslag van die Fukushima Daiichi kern kragopwekker; sy lewe neem. Daar is die oorwerkte staatsamptenaar, naby dieselfde kompleks en ‘n vader wat selfmoord pleeg — die vader na ’n vrugtelose soektog na sy kind na die tsunami.

 

“Ek is net so jammer vir hierdie mense as vir die wat tydens die tsunami gesterf het,” sê Naoko Sugimto, 67, hoof van ’n nasionale selfmoord steungroep. “Hulle het egter nie in die tsunami gesterf nie; hulle het daarna gesterf. Hulle het self hul lewens beëindig. En dit laat ons ons afvra: ‘Wat kon ons gedoen het?’”

 

Openbare gesondheidsamptenare het selfmoord blitslyne geskep, meer geld vir terapieprogramme beskikbaar gestel en meer selfmoordberaders uitgestuur terwyl hulle in afwagting hulle bekommer.

 

“Waarvoor leef ek nog?” sal party wat huise, familie en vriende verloor het waarskynlik vra.

 

Japan se siening oor die neem van die eie lewe bevat nie die konnotasie van sonde of geestesiekte wat die Westerse wêreld daaraan heg nie. Eeue lank hou dié land al die geromantiseerde opvatting van die edele selfmoord in stand.

 

Selfs op hierdie oomblik is daar elke vyftien minute ’n selfmoordgeval onder die eilandbevolking van 127 miljoen. Dit bepaal selfmoord as die hoofoorsaak vir die dood van Japannese mans tussen die ouderdomme van 20 tot 44 en vroue tussen 15 tot 34.

 

”Ons weet nooit wat op die volgende bladsy van ons lewe op ons wag nie,“ sê Sugimoto. “Mense behoort egter af te wag en te kyk hoe hulle moeilike tye die hoof kan bied.”                                                                  Bron: Los Angeles Times, J. Glionna 2011-04-24

 

Indien jy, soos die baie selfmoord slagoffers in Japan, selfmoordneigings het, kan jy dalk dink dat selfmoord die einde van alles beteken!

 

Moenie glo nie! Die lewe gaan voort! En jou lewe is kosbaar vir God.

 

God het jou die lewe geskenk; laat Hy dit dan op die regte tyd beëindig. Of jy nou weens hoë ouderdom of weens siekte of watter oorsaak ook al sterf, laat Hy in beheer van jou lot wees.

 

Besef hoe belangrik jy vir Hom is! Soos Hy met die mense van die ou tyd gepraat het, praat Hy ook met jou!

 

Die Here jou God is by jou,

’n Held wat verlossing skenk.

Hy verheug Hom oor jou met blydskap;

Hy swyg in sy liefde;

Hy juig oor jou met gejubel

(Sef 3:17, OV).

 

Stel jou voor dat die Skepper van die heelal Hom daarin verheug om jou lewe in hierdie wêreld en in die ewigheid te verkwik!

 

Gee Hom die geleentheid en vertrou Hom heeltemal wanneer jy beproef word!

 

                                                                                                                                                  UIT:- JAPANSENDING

 

GEBED

 

Here, vergewe my dat ek ooit gedink het aan selfmoord? Ek gee my lewe opnuut oor aan U! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00