Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

SAMBREELROK EN EIEGEWEEFDE DRIESTUK PAK.

 

’n Dame in ’n verbleikte sambreelrok en haar man in ’n eiegeweefde drie stuk pak klim van die trein en stap doelgerig na die Harvard Universiteit rektor se kantoor en dit sonder ’n afspraak. Onmiddelik kan die sekretaresse sien dat sulke arm plattelandse mense eintlik niks te doen het by die universiteit nie.

 

“ Ons wil die rektor sien.” Sê die man met ’n sagte stem.

 

“Hy sal die hele dag besig wees.” Antwoord die sekretaresse

 

“ Ons sal wag.” Sê die vrou.

 

Ure lank het die sekretaresse hulle vermy, met die hoop dat hulle sal moedeloos word en loop. Hulle het nie geloop nie en die sekretaresse het gefrustreerd geraak met die mense.

 

Sy is by die rektor se kantoor in en verduidelik dat hierdie mense sal loop as hy hulle net sal toelaat dat hulle hom spreek. Hy stem in en die vrou met haar sambreelrok en die man met die eiegeweefde drie stuk pak stap die kantoor in.

 

Die vrou was dadelik aan die woord:-

 

“ Ons het ’n seun wat die universiteit vir ’n jaar bygewoon het en toe oorlede is. Ek en my man wil vir hom ’n gedenkteken op die kampus plaas.”

 

 Die rektor was geskok.

 

“Ons kan nie vir elkeen wat die universiteit bygewoon het ’n gedenkteken opsit nie want nou-nou is die plek soos ’n begraafplaas.” Antwoord die rektor.

 

“ O , nee ons wil nie vir hom ’n beeld oprig nie, ons het gedink om ’n gebou te skenk en te benoem na hom.” Antwoord sy gou.

 

Die rektor het sy oë gerol en na die sambreelrok vrou en drie stuk pak man gekyk. “’n Gebou! Weet u wat ’n gebou kos? Ons het hier geboue meer as sewe en ’n half miljoen dollars werd!” antwoord die rektor.

 

Die vrou het na haar man gekyk en sy was stil. Die rektor was bly want nou is hy van hulle ontslae.  “ As dit al is wat ’n universiteit kos, dan kan ons mos ons eie begin?” sê sy vir haar man wat dadelik met sy kop instemmend skud. Die rektor se gesig het in verbasing en verwondering geval.

 

Mnr. en Mev. Leland Stanford het opgestaan en uitgestap en na hulle huis gegaan in Kalifornië waar hulle die universiteit bekend as die Stanford Universiteit begin het – ’n gedenkteken na hulle seun genoem waarin Harvard nie belang gestel het nie.                                                                                    Ware verhaal deur: Malcomb Forbes

 

Hoe maklik oordeel ons mense op dit wat ons sien?

 

Moet ons nie mekaar hoër ag as die ander nie?

 

JAK. 2:2  Want as daar in julle vergadering ‘n man inkom met goue ringe aan die vingers, met ‘n pragtige kleed aan, en daar kom ook ‘n arm man in met vuil klere aan;

 

 2:3  en as julle opsien na hom wat die pragtige kleed dra, en vir hom sê: Gaan u op hierdie goeie plek sit, en vir die arme sê julle: Gaan jy daar staan of hier onder my voetbank sit—

 

 2:4  het julle dan nie by julleself onderskeid gemaak en regters met verkeerde oorlegginge geword nie?

 

 2:5  Luister, my geliefde broeders—het God nie die armes van hierdie wêreld uitverkies as rykes in die geloof en erfgename van die koninkryk wat Hy beloof het aan die wat Hom liefhet nie?

 

 2:6  Maar julle het die arm man oneer aangedoen. Is dit nie juis die rykes wat julle oorweldig en julle voor die regbanke sleep nie?

 

 2:7  Is dit nie hulle wat die edele Naam belaster wat oor julle aangeroep is nie?

 

 2:8  As julle ewenwel die koninklike wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself—dan doen julle goed.

 

 2:9  Maar as julle partydig is, doen julle sonde en word deur die wet as oortreders bestraf.

 

GEBED

 

Ag , Here, hoeveel keer faal ek nie in my oordeel nie? Vergewe my? Ek sal altyd die ander persoon hoër ag as myself! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00