1.OMDAT DAAR SAKE IS WAARVOOR GEREELD GEBID EN INGETREE MOET WORD.
Die volgende sake wat gereeld in gebed voor God genoem moet word. Dit kan ons instaat stel om effektief te bid. U kan ook deur Bybelstudie sake hier byvoeg ook kan u boeke van Andrew Murray en EM Bounds naslaan en nog meer sake byvoeg..
a. Vir die krag van die Heilige Gees. Hand.1:4 en 2:17 Die kerk is gebore uit die Heilige Gees en deur die Heilige Gees alleen kan dit groei.
b. Vir ’n magtige Gebed-herlewing Sag.12:10. Die Gees van gebed is die voorloper van die Gees oor alle vlees. Dink ernstig daaraan dat gebed alles moet regmaak, in u gemeente, in u kerk en oral.
c. Vir al die Heiliges Efese 6:18 Bid veral dat die Gees ons een moet maak in die liefde.
d. Vir ons Kerk, Jes.62:6. Dit is beter om die Here aan te roep as om te kla oor gebreke in die kerk. Bring almal en alles met wat goed of sleg is daarin – predikante, kerkraadslede, gemeentes, bidure, skole, sendingwerk – bring hulle na God in gebed.
e. Vir die Heiligmaking van alle Heiliges, Joh.17:15, 17. Vra God om die Gees van Heiligmaking oor uself en elke kind van God sal uitstort.
f. Vir predikante en sendelinge Efese 6:18, 19
g. Vir meer arbeiders en vir alle studente. Matt.9:37, 38.
h. Vir die Gees op die werk van die sending. Hand.13:2-4
i. Vir ons skole. Jes.44:3
j. Die Kerk van die toekoms Hand.2:17 Die seuns en dogters van vandag is die kerk van môre.
k. Vir die Gees van voorbidding. 1Thess.3:10.
l. Vir konings en regerings 1 Tim.2:1-2 en Spreuke 21:1
m. Vir geregtigheid en vrede1Tim.2:2
n. Vir die Gees van God oor die Christendom Open.3:1
o. Vir die Gees van God oor die Heidendom Joel 2:28
p. Vir Israel en die Gees van God oor die Jode Ps.122:6 en Sag.12:10
q. Vir u eie gemeente Kol.4:12
r. Vir die Gees van God op u eie werk. 1Kor.12:4
s. Die Gees in die Sondagskool Luk.18:16
t. Vir alle lydendes Hebr.13:3
u. Vir meer bekerings Hand.5:31Daar kan en moet bekerings wees. Waarom is hulle dan nie daar nie? Daar word nie genoeg daarvoor gebid nie.
v. Vir diepe oortuiging van sonde Joh.16:18Die Gees van selftevredenheid verhinder alle seëninge. AS die sonde nie geken en erken word nie, bly die werk oppervlakkig. Bid vir die Gees om ons van die sonde te oortuig.
w. Vir jong-bekeerlinge Kol.2:1,2. Bid en stry vir hulle dat God hulle mag vertroos en versterk en hulle deur die liefde aan Sy kinders verbind.
x. Vir die krag van die Gees met die Woord. 2Kor.3:6 en 1Petrus 1:12. Dit gebeur dikwels dat Bybelverspreiding, Bybel-prediking, Bybellees, en Bybelkennis kragteloos is omdat die Gees van God nie daarin werk nie. Waar God Sy Woord gee, wil Hy net so seker ook Sy Gees gee.
y.
z. Vir die Gees oor Laodicea. Openb.3:15, 17 Waar is Laodicea? Oral in die land. Wie woon daarin? Christene, wat onder die invloed van die gees van die wêreld lou geword het. Wat is die sonde van Laodicense? Selftevredenheid en blindheid.
KAN EK NOG BEKOSTIG OM PASSIEF TE WEES AS KIND VAN GOD?
KAN EK BEKOSTIG OM NIE MY PLEK IN TE NEEM NIE?
(Jes. 59:16) En Hy (God) het gesien dat daar niemand was nie en Hom verbaas dat niemand tussenbei tree nie; daarom het sy arm Hom gehelp en sy geregtigheid het Hom ondersteun.