RUT
Rut kies om saam met Naomi te gaan
want sy het die boodskap van God reg verstaan
Sou iemand haar dan op sy oesland toelaat
Waar sy ook mag optel, beskerm teen kwaad
Boas se landgoed vind sy per geluk
Maar God het dit alles beplan en beskik
Toe Boas haar sien, praat hy vriend’lik en sag
Gaan tog nie weer weg nie, werk hier elke dag.
Hy gee bevel om haar nie aan te raak
Gaan drink by die kanne as jy dorstig raak
Rut het haarself dankbaar voor Boas gebuig
want sy kry genade, haar hart het gejuig.
Etenstyd gee hy haar brood om te eet
Van Rut en Naomi het hy al’s geweet
Selfs tussen die gerwe kon sy ook optel
Maar waarom sou Boas in haar belangstel?
Sy moes alleen by die dorsvloer gaan wag
Waar Boas, haar Losser ook self sou vernag
En daar aan sy voete het sy neergelê
Gehoorsaam doen sy wat Naomi haar sê
Om middernag sien hy die vrou aan sy voet
En vra na haar naam, sê, haar keuse is goed
Wees nou nie bang nie, want dit wat jy vra
Sal Ek doen vir jou as jy stil is en wag.