Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE

P O T S K U U R D A G

 

PAPPOT

 

Het jy ook ‘n pappot-vriend/in? So ‘n lekker, rustige ou maat wat eenkant in jou lewe staan en prut? Jy weet presies wat onder sy/haar deksel aangaan en jy…maak nie die pap te dik aan nie.

 

RYSPOTJIE

 

Hy/sy is lief vir skinder en jy vertel hom/haar nie jou grootste geheime nie, want nes jy jou rug draai, loop hy/sy oor..

 

DRUKKOKER

 

Hy/sy is die bekwame leier wat talle take op sy/haar skouers neem en alles vinniger en beter as ander kan doen. Maar, selfs hy/sy raak soms onder te groot druk en

 

as hy/sy nie dadelik afgekoel word nie, is die skade groot.

 

DUBBELKASTROL

 

Die afhanklike een wat net kan funksioneer as hy/sy iemand onder sy/haar het wat die stoomwerk verrig.

 

PAN

 

Hy/sy is daardie oop, vriendelike mens: verberg niks onder ‘n deksel nie en steek ‘n lang arm uit om jou te help. Sonder hom/haar is jou kombuis onvolledig en jou siel arm.

 

Ondanks skete en tekortkominge, het elkeen van my ‘potjies’ ‘n plekkie op my

 

rak.

 

My hande mag dalk partykeer jeuk om hulle foute reg te wil skuur, maar wie

 

sê ek is nie meer ‘aangebrand’ as al my vriende saam nie?

 

Dit is so waar, ons sien gewoonlik net dinge uit ons oogpunt uit, maar hoe lyk ons vir ons vriende?

 

Ek het ‘n les geleer uit hierdie een.

 

Dit maak nie saak wie of wat ons is nie, alleen gaan ons sukkel om ‘n smaaklike ete te maak, maar saam kan ons ‘n koningsmaal voorsit.

 

Dierbare vriende, ek is baie lief vir julle almal en ek dank die liewe Heer vir elke pot, pan en kastrol in my lewe. Alhoewel ons baie skeef en aangebrand is partykeer, en al maak dit seer, skuur Hy ons skoon, of kap ons weer bietjie reguit, maar met Liefde.

 

My gebed vandag is dat ons mekaar nie sal ‘sien uit my oogpunt nie’, maar

 

deur Jesus se oë. Dat ons elke dag sal begin deur te kyk hoe ek lyk en dat die Liewe Heer ons elkeen sal skoon- en regmaak volgens Sy wil.

0:00
0:00