Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

POMPEJI SE WAG!

 

Pompeji is verwoes deur die uitbarsting van die vulkaan Berg Vesuvius. Baie mense is dood en begrawe onder die massa lawa wat gevloei het. Hierdie mense is later gevind en elkeen van hulle was in verskillende posisies.

 

Baie van hierdie mense is gevind in baie diep kelders asof hulle daarheen gevlug het vir beskerming en ander is weer gevind waar hulle in pragtig gemeubileerde kamers sit.

 

Waar was die Romeinse wag?

 

Die Romeinse wag is gevind waar hy by die stad se hek staan met sy wapen in sy hand. Dit is hier waar die aarde onder hom bewe en die vulkaan-as op hom val en die lawa hom oorweldig, hier by die stad se hek het hy bly staan omdat die Kaptein hom daar geplaas het.   Dit is jare na die tyd wat hy gevind word op sy pos.

 

Vriende, laat ons staan op die plek waar God ons geplaas het! Laat ons staan en wag op die Meester wat weer na die aarde kom! Laat ons gehoorsaam wees aan die opdragte van die Heer! Laat ons staan al kos dit dat hulle ons ’n duisend jaar later vind, dit nog steeds op ons pos sal wees?

 

Is jy VOLKOME gehoorsaam aan die Here? Doen jy wat Hy van jou verlang?

 

Volhard – die Koning kom! Wees gereed!

 

1 SAMUEL 15:22  Daarop sê Samuel: Het die HERE behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme.

 

GEBED  (WEES VERSIGTIG AS JY DIT BID!)

 

Here, ek wil vandag aan U bekend maak dat ek VOLKOME aan U gehoorsaam wil wees! AMEN

0:00
0:00