Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

OORWINNING OOR OMSTANDIGHEDE!

 

As kind van God is ons verlede mee gehandel en elkeen het ’n wonderlike toekoms.

 

Jy is op jou weg na die Hemel maar wat van die huidige lewe? Hier is dit moontlik om oorwinning te behaal – al twyfel jy soms daaroor.  2 KOR. 2:14  Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus …  Die wyse waarop ons die daaglikse stryd hanteer hang af van die wyse hoe jy aspekte sien en glo.  Indien ons alles slegs vanaf ‘n menslike punt aanskou sal jy mismoedig word en nooit oorwinning smaak nie. Dus kom die oorwinning, om al die omstandighede te sien vanaf God se oogpunt.

 

Daarom, om in oorwinning te lewe en te verkry wat God vir ons in gedagte het, is daar ‘n paar stappe wat ons moet neem:-

 

1. Glo dat God soewerein is.  

 

                   God beheer alles in die wêreld en die heelal. Hy het al die mag in die hemel asook op die aarde.  Dan 4:35  … en na sy wil handel Hy met die leër van die hemel en die bewoners van die aarde, en daar is niemand wat sy hand kan afslaan en vir Hom kan sê: Wat doen U nie?  

 

          2. Glo dat God se weë volmaak is.

 

                   Dit is so dat daar talle misterie in die lewe is en ons kan dit nie verklaar nie. Soms is daar talle vrae by ons maar ons moet net  PSALM 46:10  Be still, and know that I am God:  

 

          3. Glo dat God goed is.

 

                   Dit is wanneer stryd en versoekings oor ons pad kom dat die Satan alle verkeerde gedagtes in ons gemoed wil plaas. Hy wil graag jou laat glo dat :- God is nie lief vir jou nie of God is nie goed nie of God wil jou straf of God ……  Indien jy hierdie gedagtes aanvaar dan verval jy in self-bejammering en depressie. Daarom moet ons altyd  PSALM 106:1 Halleluja! Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

 

          4. Gee jou wil oor aan God.

 

                   Wat beteken dit? Dit beteken dat jy by die punt sal kom om te wil wat God wil. Dit veroorsaak dat God deur jou Sy volmaakte plan werk.

 

         

 

5. Glo dat alles ten goede meewerk vir die wat God lief het.

 

                   Niks wat in die lewe van ‘n kind van God kom is per ongeluk nie.      ROMEINE 8:28 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.

 

  Die geheim van die lewe van die kind van God is om in alle omstandighede die Here God se hand daarin te sien.  As kind van God het jy ‘n Vader in die Hemel en jy kan Hom volkome vertrou! Sien God raak en nie jou omstandighede nie!

 

GEBED

 

Here, dankie dat ek U altyd kan aanskou en wagtend op U kan wees in al die omstandighede van die lewe wat oor my pad kom! Word U verheerlik in en deur my lewe? AMEN

 

                    

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00