Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

OORWINNING IN NEDERLAAG!

 

Thomas Edison  het die mikrofoon, grammofoon, gloeilamp, battery , pratende films en 1000 ander dinge uitgevind. Desember 1914 het hy al tien jaar aan die battery gewerk en dit het sy finansies gedreineer. Een aand in Desember het daar ’n brand in die filmkamer ontstaan. Brandweerwaens van agt dorpe het gearriveer om die brand te blus maar die waterdruk was baie laag. Edison was op daardie stadium 67jaar oud en alles wat hy gehad het is in die brand vernietig. Die skade was oor die twee miljoen dollars en die geboue was maar vir $238000 verseker.

 

Was die uitvinder se gees gebroke as gevolg van hierdie nederlaag?

 

Edison se seun , Charles, het sy pa gesoek en hom gevind waar hy kalm na die brand staan en kyk. “My hart het vir hom gebreek toe ek hom sien!” het Charles later vertel. Hy het vir Charles gesien en gevra waar sy ma is en toe gevra dat hy haar na hom moet bring, want sy sal nooit weer so iets sien terwyl hy lewe nie.

 

Die volgende oggend het Edison na die puin gekyk en gesê:- “Daar is groot waarde in nederlaag. Al ons foute is uitgebrand. Dank die Here dat ons weer van vooraf kan begin.”

 

Edison het drie weke later die eerste grammofoon bekend gestel.

 

Spaanse spreuk :- Indien jou huis aan die brand is, maak jou warm.

 

Daar is vyf aspekte waardeur jy gaan indien ’n nederlaag oor jou lewe kom:-

 

1.     Ontkenning

 

2.     Kwaad

 

3.     Onderhandeling – veral met God

 

4.     Depressie

 

5.     Aanvaarding

 

Talle mense hak iewers vas in die eerste vier stadiums. Hulle kom nie by die punt om te aanvaar nie en dus verkry hulle nooit genesing van hul probleem nederlaag nie.

 

Wat is dit wat oor jou lewe gekom het en jy nog nie aanvaar het nie? Egskeiding, verlies van ’n geliefde, bitterheid van ’n verhouding wat suur geword het, diefstal van jou sentimentele besittings, ’n gewapende roof, onregverdige afdanking, ……. so kan ons aangaan maar die Heilige Gees bring NOU dadelik die saak in jou hart na vore.

 

God wil jou oorwinning gee! Hy wil jou genees. Kom by die punt om te aanvaar en JOU alles – ook jou reg van wraak – aan Hom oor te gee.

 

LEES PSALM 88

 

GEBED

 

Vader, U weet dat ek al baie lank met hierdie saak in my hart loop. Ek gee volkome oor aan U sodat U my kan genees. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00