Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

OORLEWING.

 

Dit is in 1957 dat Lt. David Steeves uit die wildernis uitstap, 54 dae nadat sy Lugmag opleidings vliegtuig geval en verdwyn het. Hy het ’n ongelooflike verhaal van oorlewing vertel in die sneeu bedekte wildernis nadat hy met sy valskerm uit die vliegtuig gespring het. Die tyd dat hy uit die wildernis gekom het, is hy alreeds dood verklaar. Hulle het verder na sy vliegtuig gesoek maar kon niks kry nie. Die Lugmag het onraad vermoed en hulle het vir David forseer om onder ’n groot wolk van ongeloof die weermag te bedank. Lt. David Steeves se verhaal is wel twintig jaar later bevestig, toe ’n groep Boy Scouts die wrak van sy vliegtuig in die wildernis gevind het.

 

Nog ’n oorlewings verhaal, jare gelede, is nog steeds kontroversieël. ’n Man met die naam Jesus Christus het ook vanuit die wildernis gekom en aanmanings gemaak wat baie mense moeilik gevind het om te glo. Hy is later tereg gestel en as dood verklaar maar drie dae later het Hy weer verskyn en as lewendig voorgekom. Daar is skeptiese mense van daardie tyd af tot vandag.

 

Graag wil ek hê dat jy net die feite van Jesus Christus se lewe, dood en opstanding sal waarneem? Sy integriteit kom voor as waar!

 

Profete het voorspel dat Hy sou kom.

 

Wonderwerke het Sy Godheid bevestig.

 

Ooggetuies het Sy opstanding bevestig.

 

Vandag is dit die Heilige Gees wat getuig dat Jesus Christus lewe aan 

 

enige persoon wat Hom soek.

 

Glo jy dit? Ja, dit is die waarheid! Hy het opgestaan!!

 

Dit verg dat JY dit moet glo!

 

MARKUS 16:6 “En hy sê vir hulle: Moenie verskrik wees nie. Julle soek Jesus die Nasaréner wat gekruisig is. Hy het opgestaan. Hy is nie hier nie. Dáár is die plek waar hulle Hom neergelê het.”

 

GEBED

 

Here ek glo dat U lewe! Dankie dat U vir my gesterf en opgestaan het, sodat ek kan lewe! Ek wil my hele lewe aan U gee. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00