Geskryf deur THEUNIS
Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE tjcloete@absamail.co.za
DIE ONSE VADER
Ek kan nie bid Onse as ek net vir myself leef nie.
Ek kan nie bid Vader as ek nie sy kind geword het nie.
Ek kan nie bid Wat in die Hemel is as ek nog aardsgebonde is nie.
Ek kan nie bid Laat U naam geheilig word as ek dit ydelik gebruik nie.
Ek kan nie bid Laat U koninkryk kom as ek nie sy woord uitdra nie.
Ek kan nie bid Laat U wil geskied as ek altyd my eie sin wil hê nie.
Ek kan nie bid Om my daaglikse brood as ek spandabelrig lewe nie.
Ek kan nie bid Soos ons ons skuldenaars vergewe en met ‘n wrok rondloop nie.
Ek kan nie bid Lei ons nie in versoeking as ek met sonde speel nie.
Ek kan nie bid Aan u behoort die koninkryk as ek Jesus nie dien nie.
Ek kan nie bid En die krag as daar nog vrees in my hart is nie.
Ek kan nie bid En die heerlikheid as die eie ek my lewe regeer nie.
Ek kan nie bid Tot in ewigheid as ek nie sy koms verwag nie.
Ek kan nie sê Amen as ek nie kinderlik glo nie.
GEBED
Dankie Here dat U my leer om te bid maar ook om te verander om na U wil te leef. AMEN