Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

ONS TROOS , ONS HOOP.

 

’n Ware verhaal! Tydens die tweede wêreldoorlog het hulle Solomon Rosenburg, sy vrou en twee seuns gevang , tesame met Rosenburg se ouers. Hulle oortreding was , dat hulle Jode is. Hulle is almal saam in ’n Nazi – konsentrasiekamp geplaas.

 

Hierdie was ’n werkskamp en die reëls was baie eenvoudig:- Solank as jy jou werk doen , word jy toegelaat om te leef. Indien jy te swak word om jou werk te kan doen , word jy tereggestel.

 

Rosenburg het gestaan en kyk hoe sy vader en moeder geneem word om te sterf. Hy het geweet dat die volgende een, sal sy jong seun Dawid wees, omdat hy nie gesond was nie.

 

Elke aand wanneer Rosenburg terug kom van die dag se werk het hy dadelik begin soek na sy familie , en wanneer hy hulle gekry het , het hulle in mekaar se arms gestaan van dankbaarheid dat almal nog daar is en God gedank.

 

Eendag toe hy kom, het hy nie sy familie gevind nie. Na baie gesoek het hy sy seun Joshua in ’n hoek gevind waar hy inmekaar sit, huil en bid. “Sê my dit is nie waar nie!!” het Rosenburg uitgeroep. Joshua het gedraai en gesê:- “Dit is waar! Hulle het vir Dawid kom haal.” Maar waar is moeder? “O!, pappa, toe hulle Dawid kom haal was hy bang en het baie gehuil! Mamma het hom toe by die hand geneem en vir hom gesê dat daar niks is om voor bang te wees nie en saam met hom gestap.”

 

Hierdie is die moeder se liefde vir haar kind, om haar eie lewe te gee sodat haar kind vertroos moet wees.

 

Dit is wat die Here vir ons ook gedoen het aan die kruis. Hy het gesterf sodat ons die vertroosting mag verkry sowel as die hoop van die ewige lewe.

 

PSALM 23:4 “Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.”

 

PSALM119:82 “My oë smag na u belofte en sê: Wanneer sal U my vertroos?”

 

GEBED

 

Vader baie dankie dat U my vertroosting is en dat ek slegs op U kan vertrou! Vader, op U bepaalde tyd, vertroos my in die moeilike omstandighede waarin ek is? Dankie dat ek op U kan hoop! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00