Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

ONS DAAGLIKSE OPTREDE

 

Alles kan in ‘n oogwink verander.

 

Want God werk op vreemde wyses.

 

Sy wil is nie ons wil nie.

 

Sy gedagtes is nie ons gedagtes nie.

 

Sy tyd is nie ons tyd nie.

 

Daarom moet jy:

 

Diep dink

 

Saggies praat

 

Baie liefhê

 

Vriendelik wees

 

Gereeld lag

 

Blymoedig gee

 

Opreg bid

 

Hard werk

 

Voluit lewe.

 

Want elkeen wat goed lewe,

 

Lewe lank want ons lewenstyd word nie bereken

 

In jare, dae of ure nie.

 

Onthou veral:

 

Vreugde selfs liefde,

 

Sterf as jy dit nie vertroetel

 

Daarom is dit nou tyd dat ons

 

Met sagte hande aan mekaar begin vat

 

Met sagte oë na mekaar begin kyk

 

Met sagte tonge met mekaar praat en

 

‘n daaglikse dosis lag inkry !

 

Toe God jou vanoggend sien,

 

Net toe jy jou oë oopmaak, het Hy

 

Vir die engele gesê!

 

Los alles . ..

 

Kom kyk gou!

 

DIS MY KIND!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00