Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

DIE ONGELUKKIGSTE MAN IN NEW YORK.

 

Ek is seker dat jy het nog nooit gehoor van Lawrence Hanratty wat die titel gedra het van:- “Die ongelukkigste man in New York.”

 

Hy het by die dood omgedraai toe daar ’n ongeluk by die konstruksie terrein was waar hy bykans doodgeskok is. Hy het vir weke in ’n koma gelê in die hospitaal terwyl sy prokureurs besig was om te veg vir sy eis in die hof.  Een van die prokureurs is later van die rol geskrap en twee ander het gesterf. Lawrence se vrou het weer met haar prokureur weggeloop.

 

Lawrence het herstel en is later ontslaan. Nie lank na dit nie het hy sy motor verloor in ’n ongeluk en toe die Polisie die ongelukstoneel verlaat, is hy deur rowers aangeval en beroof van sy besittings.  Later het die versekering alles in hul vermoë gedoen om sy werkloosheidsversekering te staak. Die eienaar van die huis wat hy gehuur het , het probeer om hom uit te sit.  Hy het gely aan depressie asook ruimtevrees. Hy het altyd  ‘n suurstofbottel  saam met hom geneem waar hy gaan en daagliks 42 pille gedrink vir sy lewer en hart.

 

’n Stadsraadslid het Lawrence se saak opgeneem om hom te help en talle bure het saam gestaan om hom weer spreekwoordelik , “op sy voete”, te kry.

 

Hy het sy lewe opgesom as:- “Daar is altyd hoop!!”

 

JOB 13:15 “Kyk, al wil Hy my ombring—ek hoop op Hom; ek sal tog my wandel voor sy aangesig bepleit.”

 

PSALM 42:6 “Wat buig jy jou neer, o my siel, en is onrustig in my? Hoop op God; want ek sal Hom nog loof—die verlossing van sy aangesig!”

 

ROM. 5:5 “en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.”

 

GEBED.

 

Here, my omstandighede druk swaar op my! U ken en weet van alles, maar ek bedoel – (noem jou probleme). Vader ek hoop op U vir die uitkoms sodat U verheerlik sal word deur my lewe. AMEN

 

    

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00