Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

ONBEROULIK = GEEN SPYT Hê!

 

In 1904 het William Borden ,die erfgenaam van die Borden Melkery Landgoed, sy hoërskool loopbaan voltooi as ’n miljoenêr. Sy ouers het hom na skool gestuur om deur die wêreld te toer. Hy het Asia , Midde Ooste en Europa besoek en daar het ’n las by hom ontwikkel vir die arm mense van die wêreld. Hy het ’n brief na sy ouers gestuur en hulle meegedeel dat hy homself gaan bekwaam vir die sendingveld. Hierdie besluit het gemaak dat hy twee woorde agter in sy Bybel geskryf het:- GEEN RESERWES. Hy het studeer aan die Yale Universiteit en nadat hy afgestudeer het , het hy talle hoë profiel werksaanbiedinge ontvang. Al die aanbiedinge het hy afgewys. Hy het toe weer twee woorde agter in sy Bybel geskryf:- GEEN RETIREER. William het daarna studeer aan die Princeton Seminarie en by voltooiing, dadelik vertrek na China. Hy het in Egipte vir ’n tyd oorgebly om homself voor te berei vir China. Terwyl hy in Egipte was het hy Harsingvliesontsteking opgedoen en binne ’n maand is hy oorlede. Ons sal dink wat ’n tragedie! Nie in God se plan nie! William het onder die woorde GEEN RESERWES en GEEN RETIREER geskrywe:- GEEN BEROU (SPYT)!

 

Daar is een manier om te handel met berou – spyt – en dit is om dit finaal uit jou hart te verwyder. Berou – spyt – gaan nie weg totdat JY besluit het daar is geen plek in jou hart daarvoor nie.

 

Waaroor is jy berouvol- spyt? Spyt oor die huweliksmaat wat jy gekies het, of die werk waarin jy is, of oor die kinders wat God jou gegee het, of jou onverskilligheid in jou jeug, of die aborsie , of jou opvoeding, of jou owerspel , ………???? Wat??

 

Bring dit na God en kry dit uit jou hart en vergeet die dinge wat agter jou is , want daaraan kan JY niks doen OF dit verander nie!!!!

 

2 KOR. 7:10 “Want die droefheid volgens die wil van God werk ‘n onberoulike bekering tot redding, maar die droefheid van die wêreld werk die dood.”

 

GEBED

 

Here , U weet hoe spyt is ek oor die saak van die verlede! U weet hoe moeilik ek myself vergewe. Vader in die Hemel , verlos my nou van hierdie spyt en reinig my met U bloed van die sonde? Ek neem U op U Woord:- FILIP.3:14 “Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is,” Dankie Vader dat ek vry is! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00