NUMERI 2
INDIVIDUE
Daar is `n aantal wat God teleurgestel het. Die een wat die meeste uitstaan is Korag wat `n opstand gereel het (hulle het die Priesteramp begeer en daag Moses en Aaron uit.) Korag, Datan en Abiram word met hul gesinne deur die aarde ingesluk en die 250 man wat die vuurpanne gebring het is deur vuur verteer. Net die vuurpanne het oorgebly en is platgeslaan en oor die altaar geplaas.
Sommige van die Psalms is deur die kinders van Korag geskryf. Sommige van Korag se familie het hom nie gevolg tydens die opstand nie . Van hulle het sangers in die tempel geword. Die volk murmureer weer teen Moses en Aaron en 14700 sterf.
In Judas word Korag as `n waarskuwing gebruik om nie God se aanstellings te bevraagteken of jaloers daarop te wees nie. Moses doen `n eksperiment met die stawwe van verskillende persone en net Aaron se staf dra die volgende dag Bloeisels, blomme en amandels . Die staf is toe in die Verbondsark bewaar.
MENSE
Die mense was `n probleem en God verdra hul vir 40 jaar in die wildernis. Almal behalwe 2 sterf. Twee uit 2.5 miljoen is `n baie klein persentasie. Die mense het veral een algemene probleem gehad en faal by 3 geleenthede.
Murmureer
Die maklikste ding om te doen is om te kla. Die volk dink dat God nie hoor wat hulle se en nie weet wat hulle doen nie. Hulle kla oor die water en die vervelige kos. In Egipte was daar knoffel, uie, vis, komkommers en waatlemoene. God stuur kwartels. Te veel, vir hulle en hulle bring meer in as wat God hul toegelaat het, en God tref hul met `n plaag. Murmurering is die mees nadelige sonde van God se kinders.
Oasis van Kades
Die volk moes 12 spioene stuur om die beloofde land te gaan verken ( 1 uit elke stam) Hul moes die land bespied en dan terug rapporteer. Hulle verken die land vir 40 dae en ervaar dit as baie vrugbaar. Die rapport wat terug gebring is, is egter negatief. Die siening was dat die land en reuse hulle sal vernietig. Hulle wou terugkeer na Egipte.
Net Joshua en Kaleb gee `n positiewe verslag. Volgens hulle is daar niks om voor bang te wees nie. Die land was wel goed bewaak en deur reuse bewoon en die stede se mure was `n groot struikelblok. Maar God sou hul dra en het hul nie tevergeefs so ver gelei nie. Die ander tien se verslag was verdoemend. Die volk wil vir Moses en Aaron stenig omdat hulle die volk uit Egipte gelei het. Na drie maande wil die volk hul doodmaak en vertrou hul eerder die 10 verspieders as Moses en Aaron.
10 se ons kan die land nie inneem nie, twee se: ons kan nie, maar God kan! God se dat niemand die beloofde land sal sien nie behalwe die twee. God se ook dat vir elke dag wat hul die beloofde land bekyk het hul vir teen jaar in die woestyn sal wees. Dit is die kruks van Numeri.
Die vallei van Skerpioene
Die volk verslaan Koning Arad en begin weer murmureer en kla weer oor brood en water en God straf hulle deur slange onder hulle in te stuur. Die volk vra vir Moses om namens hulle in te tree aangesien hulle gesondig het. Moses maak toe `n koperslang volgens God se opdrag en sit dit op `n paal vir die volk om na te kyk. Die wat gepik was en daarna gekyk het sal lewe. (Die omgewing was baie bekend en daar was koper myne.)
Die vlaktes van Moab
Die finale krisis kom by die vlaktes van Moab waar hulle deur Edom wou trek. (Edom was die eiendom van Esau, Jakob se broer) Daar was oorlog en al die vyande is verslaan. Hier vind ons die verhaal van Bileam wat deur Koning Balak laat haal is om die Israeliete te vervloek. Moab was bang vir Israel. Balak betaal vir Bileam om die Israeliete te vervloek en hoop dat die vloek in sy guns sal werk.
Bileam se dat hy berig sal gee van wat God vir hom se. God gee Bileam opdrag om nie saam met die Koning se manne te trek nie, en om nie die volk te vervloek nie want hulle is geseend. Balak stuur weer sy manne om vir Bileam te laat haal. Die keer trek Bileam saam op sy Esel. Hier sien ons dat die Esel praat en ipv om Israel te vervloek seen Bileam hul drie maal. Hy vervloek nie maar dui later aan dat daar jong vroue onder die Israeliete ingestuur moet word om hul te verlei, wat ook gebeur.
WAT KAN ONS LEER UIT NUMERI?
Geskryf vir die Jode om die nageslag te leer om God te vrees. Daarom is dit vir Christene ook geskryf, sodat ons uit hul foute kan leer.
Paulus waarsku die Korintiers dat hierdie gebeure as voorbeelde opgeteken is om ons te waarsku om nie soos die Israeliete te lewe nie. Ons mag dalk ook faal om by die eindbestemming aan te kom net soos hulle.
Die Bybel is `n spieel waarin ons onsself sien, volgens Jakobus. Ons kan lewe, ons kan sterwe in die wildernis(woestyn) ons kan terugkyk na die plesier van sonde, maar kan die toekoms by God in vrede in die “Beloofde land” nie so sien nie en ook nie deel daarvan uitmaak nie.
Numeri leer ons van die karakter van God – goedheid (lovingkindness) en Sy strengheid. As ons kyk na Korag en Bileam was murmurering n groot problem in die vroe kerk en in Israel. Dit is die bitter wortel wat groei en kan gemeenskap of te wel broederskap vernietig.
In die NT word daar genoem dat ons name is nie nommers nie. Die hare op ons hoof is genommer, ons name is in die Boek van die Lewe *, maar daar is ook bewys dat ons name daaruit gewis kan word!
5. WAT SE NUMERI OOR GOD?
Numeri wys twee kante van God se karakter nl. Goedheid en regverdigheid (streng)
Aan die een kant sien ons God se voorsiening – voedsel, water, klere en skoene asook beskerming teen die elemente, oormag van vyande. Dit alles ten spyte van die volk se sonde.
Aan die ander kant sien ons God se geregtigheid – Hy kom Sy beloftes na en straf sy volk as hul sondig. Dit sluit in dissipline en God ontneem hul van hul erfenis as hulle versuim om Hom gehoorsaam te wees
6. WAT SE NUMERI OOR JESUS?
Net soos Israel 40 jaar in die woestyn deurgebring het, so bring Jesus 40 dae in die woestyn deur waar Hy versoek word
Joh 3:16 is baie bekend maar vers 14 lees: En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word
Johannes verseker ons dat Jesus die “manna” die “Brood van die hemel” is
Paulus praat van water wat uit die rots geslaan is, en die rots is niemand anders as Jesus nie
Hebreers wys daarop dat as die as van `n bul vergifnis bring, hoeveel te meer sal die bloed van Jesus dit doen
Bileam – die vals profeet maak `n ware professie tov Jesus – Hy sien Hom maar nie nou nie, nie naby nie(binnekort) Die ster uit Jakob en die Septer uit Israel. Lei die wyse manne na Betlehem
7. SEENINGE VAN GEMEENSKAP MET GOD
Die bekendste teks in Numeri is seker Numeri 6:24 – 26 : Die HERE sal jou seën en jou behoed;
die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;
die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.
ii) God gee die seening an Aaron vir Sy volk
Daardie seeninge is vandag nog van toepassing op die kinders van God – genade en vrede met `n voorwaarde om ag te slaan op die waarskuwings van Numeri.
God se Woord is Wiskundig volmaak …