OORSIG OOR NUMERI

FOKUS

 

OU GENERASIE

 

TRAGIESE OORGANGSTYD

 

NUWE GENERASIE

 

VERWYSING

 

1:1 – 5:1 ————————————10:1–

 

—13:1 —————15:1 ——20:1 ————

 

26:1 —28:1 —–31:1 ——————-36:13

 

AFDELING

 

Organisering van Israel

 

Redding van Israel

 

Na Kades Barnea

 

By Kades Barnea

 

In die Wildernis

 

Na Moab

 

Re-organisering van Israel

 

Regulasies tov offers en beloftes

 

Oorwinning en verdeling van Israel

 

ONDERWERP

 

ORDE

 

WANORDE

 

ORDE KEER TERUG

 

VOORBEREIDING

 

UITSTEL

 

VOORBEREIDING

 

PLEK

 

BERG SINAI

 

WILDERNIS

 

VLAKTES VAN MOAB

 

TYD

 

20 DAE

 

38 JAAR 3 MAANDE EN 10 DAE

 

5 MAANDE

 

TYD IN DIE GESKIEDENIS

 

Abraham

 

2000 VC

 

200

 

Dawid

 

1000 VC

 

1400 VC

 

1440 VC

 

OORSIG 2 – DIE VOORBEREIDING VAN DIE OU GENERASIE OM DIE BELOOFDE LAND TE BEERWE – Num 1:1 – 10:10

 

DEEL I

 

(I)

 

DIE ORGANISERING VAN ISRAEL

 

1:1 – 4:39

 

A

 

Organisering van die mense

 

1:1 – 2:34

 

B

 

Organisering van die Priesters

 

3:1 – 4:49

 

(II)

 

HEILIGMAKING VAN ISRAEL

 

A

 

Deur skeiding

 

5:1 – 31

 

B

 

Deur die Nasireer belofte

 

6:1 – 27

 

C

 

Deur aanbidding

 

7:1 – 9:14

 

D

 

Deur Goddelikke leiding

 

9:15 – 10:10

 

DEEL II

 

DIE ONVERMOE VAN DIE OU GENERASIE OM DIE BELOOFDE LAND TE BEERWE

 

10:11 – 25:18

 

(I)

 

Die mislukking van Israel op pad na Kades Barnea

 

10:11 – 12:16

 

A

 

Israel vertrek van Sinai

 

10:11 – 36

 

B

 

Mislukking van die volk

 

11:1 – 9

 

C

 

Mislukking van Moses

 

11:10 – 15

 

D

 

God voorsien vir Moses

 

11:16 – 30

 

E

 

God voorsien vir die volk

 

11:31 – 35

 

F

 

Mislukking van Miriam en Aaron

 

12:1 – 16

 

(II)

 

DIE TRAGIESE MISLUKKING VAN ISRAEL BY KADES BARNEA

 

13:1 – 14:45

 

A

 

Verkenning van die beloofde land

 

13:1 – 33

 

B

 

Israel rebelleer teen God

 

14:1 – 10

 

C

 

Moses tree in

 

14:11 – 19

 

D

 

God oordeel Israel

 

14: 20 – 38

 

E

 

Israel rebelleer teen die oordeel van God

 

14:39 – 45

 

(III)

 

DIE MISLUKKING VAN ISRAEL IN DIE WILDERNIS

 

15:1 – 19:22

 

A

 

Oorsig van die offers

 

15:1 – 41

 

B

 

Rebellie van Korag

 

16:1- 40

 

C

 

Rebellie van Israel teen Moses en Aaron

 

16: 41 – 50

 

D

 

Rol van die Priesterdom

 

17:1 – 19:22

 

(IV)

 

DIE MISLUKKING VAN ISRAEL OP PAD NA MOAB

 

20:1 – 25:18

 

A

 

Miriam sterf

 

20:1

 

B

 

Moses en Aaron val

 

20:2 – 13

 

C

 

Edom weier deurgang

 

20:14 – 21

 

D

 

Aaron sterf

 

20:22 – 29

 

E

 

Israel se oorwinning oor die Kanaaniete

 

12:1- 3

 

F

 

Die mislukking van Israel

 

21:4 – 9

 

G

 

Die reis na Moab

 

21:10 – 20

 

H

 

Israel se oorwinning oor Ammon

 

21:21 – 32

 

I

 

Israel se oorwinning oor Basan

 

21:33 – 35

 

J

 

Mislukking met die Moabiete

 

22:1 – 25:18

 

Deel 3

 

DIE VOORBEREIDING VAN DIE NUWE GENERASIE OM DIE BELOOFDE LAND TE BEERWE (26:1 – 36:13)

 

(I)

 

Re-organisasie van Israel

 

26:1 – 27:23

 

A

 

Die tweede Sensus

 

26:1 – 51

 

B

 

Metode van verdeling van die beloofde land

 

26:52 – 56

 

C

 

Verwagtinge tov die verdeling van die beloofde land

 

26:57 – 27:11

 

D

 

Aanwys van `n nuwe leier

 

27:12 – 23

 

(II)

 

REGULERING VAN OFFERS EN GELOFTES

 

28:1 – 30:16

 

A

 

Regulering van offers

 

28:1 – 29:40

 

B

 

Regulering van geloftes

 

30:1 – 16

 

(III)

 

DIE OORWINNING EN VERDELING VAN ISRAEL

 

31:1 – 36:13

 

A

 

Oorwinning oor Midian

 

31:1 – 54

 

B

 

Verdeling van die beloofde land:Oos van die Jordaan

 

32:1 – 42

 

C

 

Samevatting van Israel se reis

 

33:1 – 49

 

D

 

Verdeling van die beloofde land: Wes van die Jordaan

 

33:50 – 34:29

 

E

 

Spesiale stede in Kanaan

 

35:1 – 34

 

F

 

Spesiale problem van die erfenis in Kanaan

 

36:1 – 13

 

PLASING VAN DIE STAMME VAN ISRAEL

 

NOORD

 

DAN – 62700 *

 

ASER – 41 500

 

NAFTALI – 53 400

 

TOTAAL – 157 600

 

OOS

 

JUDA- 74 600 *

 

ISSASKAR – 54 400

 

ZEBULON – 57400

 

TOTAAL – 186 400

 

WES

 

EFRAIM – 40 500 *

 

MANASSE – 32 200

 

BENJAMIN – 35 400

 

TOTAAL – 108 100

 

SUID

 

REUBEN – 46 500*

 

SIMEON – 59 300

 

GAD – 45 650

 

TOTAAL – 151 450

 

INLEIDING

 

Die boek is nie wel bekend nie en word nie baie aangehaal nie. Baie min mense kan verse kwoteer uit die boek, en min wee twat in die boek aangaan. Ons moet die saak regstel, Numeri is nog `n baie belangrike boek in die Bybel.

 

Numeri is `n vreemde titel vir hierdie boek, afkomstig van die eerste woorde van die boekrol: “ Die Here het gese” Toe die Hebreeuse geskrifte na Grieks vertaal is, het die vertalers dit `n nuwe title gegee nl. Arithmoi, vanwaar ons die woord “arithmetic” kry. Die Latynse Vulgate vertaling vertaal dit as Numeri en in Engels is dit bekend as “Numbers”

 

Die boek begin en eindig met `n Sensus (volkstelling) die eerste toe Israel Sinai verlaat het, na die tabernakel opgerig is. En die ander Sensus toe Israel by Moab aangekom het net voor hulle die land Kanaan binnegegaan het.

 

EERSTE SENSUS

 

TWEEDE SENSUS

 

REDE

 

NUMERI

 

603 550

 

601 730 (1820 minder)

 

Sensus van weerbare manne vir militere diensplig

 

Wys daar is geen fout om die mense te tel nie , solank dit binne God se wil is

 

DRIE DINGE OOR DIE GETALLE IN NUMERI

 

Wat `n groot getal mense. Sommige kommentators bevraagteken die groot getalle. Dit verteen woordig manne >20 instaat om te veg. Totaal van 2.5 miljoen

 

In 2 Sameul is daar 1.3 miljoen soldate, dus is 603 000 nie so noemenswaardig nie

 

Israel vir 400 jaar in Egipte. Elke familie het 4 kinders – dan is die total haalbaar. Sommige beweer die groep was te groot vir die woestyn. As 5 langs mekaar getrek het, sou die kolom 176 km lank wees en tien dae nee mom verby te gaan.

 

Sommige se dat daar te veel was om te voed.

 

Die verskil tussen die eerste en tweede sensus is klein en alhoewel God nie gelukkig was oor Sy volk se optrede nie, is hierdie verskil `n wonderwerk.

 

38 jaar het verloop tussen die 2 Sensusse en `n hele generasie het gesterf in die woestyn. Mense haal skaars 60 jaar en Moses haal net 120 jaar

 

Net Josua en Kaleb bly oor uit 2.5 miljoen mense. Dit is een van die tragedies van die Bybel en maak van Numeri `n baie hartseer boek. 2/3 moes nooit geskryf gewees het nie. Die trek wat 11 dae moes duur, neem toe 13 780 dae om te voltooi. `n Nuwe generasie staan op.

 

Die meeste lesse uit Numeri is negatief, hoe om dit nie te doen nie! Dis vol waarskuwings en slegte voorbeelde.

 

2. DIE KONTEKS

 

Die reis moes net 11 dae neem vanaf Kades tot by die beloofde land, te voet. Hul trek van hier af na Edom en beland aan die verkeerde kant van die Jordaanrivier. Hul neem 38 jaar en `n paar maande omdat God net `n bietjie op `n slag beweeg het. God wag dat die tyd verbygaan dat net Josua en Kaleb van die oorspronklike groep oorbly.

 

Hoekom? – By Kades weier die volk om die beloofde land binne te gaan. 2/3 van die boek gaan oor die verlengde reis. Die boek is `n voorbeeld en waarskuwing vir ons. Moses was ook nie toegelaat tot die beloofde land nie.

 

INHOUD EN STRUKTUUR

 

As een van die vyf boeke van Moses is Numeri `n mengsel van Wet en verhale. Die outeur van die Wette is God. In Engels kom die woorde: “God het vir Moses gese…..” 80 maal voor en 64 maal in Afrikaans. God gee vir Moses algemene wette sowel as regulasies tov rituele en geestelike seremonies. Moses ontvang ook van God `n opdrag om `n dagboek te hou van al hul reise en wedervaringe. Hy moes ook `n ander boek byhou, `n boek oor die oorloe van God (Num 21:14)

 

Numeri is geskryf deur Moses deur van genoemde boeke gebruik te maak. Daar word na Moses as die derde person verwys. Die struktuur van die boek is kronologies eerder as onderwerp gebonde. Dit is interessant dat al die wette vir die Israeliete gegee is terwyl hul gekamp het. Die verhaal van hul reise wys hoe hul die wette oortree het.

 

Terwyl hul gekamp het, se God wat hul behoort te doen en terwyl hul reis sien ons wat hul gedoen het. Hulle leer van Moses maar ook van hul omstandighede terwyl hul rondswerf.

 

KRONOLOGIESE KONTEKS

 

INHOUD

 

TYDPERK

 

Eksodus 1-18 (Egipte na Sinai)

 

Verhaal

 

50 dae

 

Eksodus 19-40 (By Sinai)

 

Wet

 

?

 

Levitikus 1-27 (By Sinai)

 

Wet

 

30 dae

 

Numeri 1:1 – 10:10 (By Sinai)

 

Wet

 

19 dae

 

Numeri 10:11 – 12:16 (Sinai tot Kades)

 

Verhaal

 

11 dae

 

Numeri 13:1 – 20:21 (Kades)

 

Wet

 

?

 

Numeri 20:22 – 21:35 (Kades tot Moab)

 

Verhaal

 

38 jaar

 

Numeri 22:1 – 36:13 (Moab)

 

Wet

 

3 maande en 10 dae

 

Deuternomium 1 – 34 (Moab)

 

Wet

 

5 maande

 

Wette

 

Ons het gesien dat God 64 maal direk met Moses gespreek het in hierdie boek. Dit is uniek! Andere ervaar God deur drome of visioene. Mense het die priesters genader vir beslissings, Urim – lot is gewerp(Om God se wil te soek)

 

Moses het God die eerste maal op Sinai ontmoet, weg van die volk af, maar nou is die tabernakel opgerig en woon God by hulle. Die gevaar hieraan was dat hulle familier kon raak met God, hul vrees en respek vir Hom kon verloor en van Sy Heiligheid kon vergeet.

 

Die wette in Numeri is gegee om mense te verhoed om hul eerbied en ontsag vir God te verloor. Die wette kan in drie afdelings verdeel word naamlik: versigtigheid, Skoonheid en kosbaarheid.

 

Versigtigheid (Gehoorsaamheid)

 

Om op die regte plek te kamp volgens God se aanwysings. (Sien skets van die kamp)

 

Terwyl hulle trek – volgens voorskrif (plan). Die tabernakel word eerste afgebreek en volgens voorskrif gedra, soos en deur wie voorgeskryf. Juda trek voor na die silwer trompet geskal.

 

Hulle beweeg slegs as die rookkolom beweeg (bedags) as die vuurkolom beweeg snags. As God beweeg, beweeg die volk en andersom. Hoekom?

 

Die metode was baie effektief vir so `n groot groep mense. Maar dit was ook `n baie effektiewe metode om te kamp.

 

God se: “ Wees versigtig” – God hou nie daarvan dat Sy mense roekeloos en nalatig is nie(in Sy kamp) Roekeloosheid is `n gevaarlike ding. Die mense moet versigtig wees omdat hulle in God se kamp is, Hy dui ook ander areas aan waar hulle versigtig moet wees. Hier word verwys na die ontheiliging van die sabbat (doodstraf)

 

Tossels aan die klere herinner die mense aan die gebooie en om te bid, beloftes moet baie ernstig opgeneem word. Die voorbeeld van die man wat aan God beloof het om die eerste ding wat uit sy huis te kom aan God te offer – toe is dit sy geliefde dogter! Sou `n vrou `n belofte/gelofte aan God maak kon die vrou se man besluit of die belofte staan of nie, binne 24 uur.

 

Sindelikheid

 

Behalwe vir `n presiese uitleg van die kamp, moes dit ook skoon wees, want dit was God se mense. Alles was fyn beplan en uitgewerk. God is nie net gesteld op kieme nie maar ook op `n skoon/netjiese kamp want Hy is `n rein God. Die beginsel geld vandag nog. `n vuil en onversorgde kerk is `n belediging vir God. Die mense moes ook gereinig word voor hul Sinai verlaat het.

 

In Hfst. 19 word na reinigingsinstellings verwys. Die dood is onrein en God is `n God van lewe. God straf sonde want dit is Sy kamp. Reinheid staan langs Goddelikheid en daar is baie stawende ondersteuning daarvoor in Numeri.

 

Die prys

 

Offers en offerandes. Dit is duur vir `n sondige mens om naby `n Heilige God te woon. Offers aan God is op `n daaglikse, weeklikse, maandelikse basis gebring. Dit was letterlik honderde. Dit was `n duur oefening omdat elke dier net die beste was. Die offers maak een ding duidelik, God se vergifnis is – duur ! Bloed moes daarvoor vloei.

 

Priesterskap

 

Die priesters moes ook deur die offers gevoed word omdat hul voltyds toegewys was aan die werk. Ongeveer 8580 uit 22000 het as priesters gedien. Beide die priesters en die Leviete was afhanklik van die ander stamme vir finansiele steun. Dit moes `n aardige som geld gekos het om hul almal te versorg. Daar is `n offer in die NT en OT. Die dankoffer en dit gaan gepaard met lofprysing en danksegging. God verwag dat ons Hom moet aanbid.

 

Numeri praat ook van die Nasireersbelofte – `n gelofte van toewyding aan God. Dit was nie deel van die Priesteramp nie. Hul het gladnie hul hare gesny nie, geen alkohol gebruik nie en het geen lyk aangeraak nie. Voorbeelde hiervan was Samuel en Simson wat die bekendste was. Teen die tyd van Amos was die gebruik afgeskaf.

 

Wat kan ons hieruit leer?

 

Daar is vandag `n anti kerk beweging en `n onverskillige houding teenoor aanbidding en die mense vergeet dat God vandag steeds dieselfde is, as toe. Ons moet God benader met eer en ontsag. Hebreers herinner ons dat God `n verterende vuur is. Ons moet God aanbid volgens Sy voorskrifte.

 

Die verhaal

 

In Numeri beweeg ons weg van die Goddelike na die menslike dade – van wat die mense veronderstel was om te doen, na wat hulle in werklikheid gedoen het. Dit is `n hartseer en onaangename verhaal. Die wildernis word `n toetsgrond vir die volk. Die tussenfase van onsekerheid is baie moeilik vir hulle om te verdra. Onthou dat die volk hier in `n verbondsverhouding is met God. God seen hul gehoorsaamheid en straf hul ongehoorsaamheid.

 

Dieselfde sonde van Eksodus 16 – 19 word weer in Numeri 10 – 14 herhaal, maar in Numeri word die Wet oortree en daarom geld die straf. Dit is hoekom die eerste wette nie voldoende was nie (3000 sterf) maar die Heilige Gees wat tydens die 3000 wat gered is uitgestort is, is nodig om die wet te hou. Daar is bo-natuurlike krag/hulp/instaatstelling nodig hiervoor.

 

Leiers

 

Ons kyk na die leiers van die volk en na hul pogings om die wet te hou en hoe hul gefaal het. Hulle is van een familie afkomstig. Twee broers en `n suster naamlik: Moses, Aaron en Miriam. Ons bekyk hulle sterk en swakpunte in tabelvorm.

 

MOSES

 

AARON

 

MIRIAM

 

STERKPUNTE

 

Suster van Moses en Aaron

 

Dominant

 

Moses se broer en segsman

 

`n Profetes

 

Profeet, Priester en Koning

 

Profeet en Priester

 

Gebruik sang (sing en dans toe die Egiptenare verdrink)

 

Praat direk met God

 

Aangewys as Priester, die Hoof Priester

 

Sy kan profeteer/voorspel

 

“Sien” God

 

Van hom af is die priesterskap die hart van die aanbidding en gewoontes van die volk van God in die OT

 

Die gawe was uitgedruk in sang

 

As Priester bid hy vyf maal vir die volk en herinner God aan Sy beloftes

 

Daar is `n direkte skakel tussen professie en sang

 

Hy word nooit Koning genoem nie maar hy tree as een op vir sy volk en lei hul in oorlog, heers oor hulle en tree soos `n Koning op

 

Dawid kies koorleiers wat ook profete is

 

Opmerklik van hom was dat wanneer hy gekritiseer was, sleg behandel was of verraai was het hy himself nooit probeer verdedig nie. Hy was `n toonbeeld van nederigheid. Hy laat God hom verdedig.

 

Nederigheid is nie `n swakheid nie

 

Elisa versoek ook musiek om hom voor te berei vir voorspelling

 

Dit blyk dat die regte musiek die profetiese gees vrystel.

 

MOSES

 

AARON

 

MIRIAM

 

SWAKPUNTE

 

Jaloesie

 

Jaloesie

 

Ongeduldig met die volk

 

Begeer eer vir homself

 

Soek eer vir haarself

 

Gehoorsaam nie God se opdrag met die water nie. Slaan ipv spreek!

 

Kritiseer Moses saam met Miriam

 

Wou met God spreek soos Moses

 

Sterf op die berg Nebo

 

Keur Moses se keuse van vrou nie goed nie

 

Krities oor Moses se keuse van `n vrou

 

Sien die beloofde land maar kon dit nie binnegaan nie

 

Sterf by die berg Hor

 

Gestraf met melaatsheid totdat sy bely het.

 

Kort na hul jalousie en begeerte sterf beide hy en Miriam

 

Sy sterf by Kades

 

Geskryf deur Mnr. Opperman tjcloete@absamail.co.za

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00