Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

NOG NET EEN KEER PAPPA! ASSEBLIEF!

 

Ek lees die verhaal van ’n predikant en sy tweeling dogters wat ek graag met u wil deel.

 

Hy vertel dat by die geboorte van die tweeling het hy geweet dat:- 1. Sy lewe baie besiger sal wees en 2. Dat God hom iets wonderliks gaan leer.

 

Hierdie dogters was vier jaar oud toe hy hulle die eerste keer neem om te gaan visvang. Hy het die wurm aan die hoek gesit en ingegooi en sodra die wurm die water raak dan sal die een na die stok vra en sê dat sy dit sal vashou. Hy vertel dat terwyl hy so kyk na die twee dogters wat vir die eerste keer ’n hoek , wurm en vistok ontdek het, hy trane in sy oë gekry het.

 

Hy het na sy horlosie gekyk en gesien dat die dag het verby gevlieg. “Dit is tyd om huistoe te gaan – girls!” het hy hulle ingelig. Dit is toe soos asof hulle dit afgespreek het dat hulle saam uitroep:- “ Nog net een keer  pappa!Asseblief”

 

Dit is toe dat hy besef dat God iets met hom wil deel. Dit is asof God vir hom sê:-

 

“ Jy sal vandag besef hoe dit is met My en My Seun Jesus!”

 

Dan besef hy. Dit is asof God in die hemel staan en na Sy Seun Jesus kyk! Jesus is ywerig vir elke siel wat op hierdie aarde is – hulle moet gered word! Hulle moet verlos word van die sonde! Dan kyk God na die hemelse horlosie en sê “ Dit is tyd My Kind!” Dan sal Jesus uitroep :- “ Nog net een keer Pappa!Asseblief!”

 

1 TIM. 2:3  Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser,

 

1 TIM. 2:4  wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.

 

Vriend/in is jy al gered? Is dit oor JOU dat Jesus uitroep:- Nog net een keer!

 

Maak seker jou saak met die Here is reg voordat Hy kom of jy sterf!

 

GEBED

 

Here, ek kom vandag na U! Ek gee my lewe onvoorwaardelik oor en ek breek met my sonde en wil en sal U dien met my hele lewe! Dankie dat U my red! AMEN

 

   

0:00
0:00