Nieu Delhi Christene vervolg naby New Delhi
Nieu-Delhi, 30 Januarie 2013 (World Watch Monitor) – ’n Ongemaklike stilte hang 20 kilometer oos van Indië se grootste stad, in ’n plattelandse dorp waar Christene onlangs twee keer deur Hindoes aangeval is. Die Christene het op hul beurt ooreengekom om gebedsbyeenkomste wat hul in ’n saal gehou het, te staak.
Die eerste aanval het op 30 Desember 2012 plaasgevind toe Christene van die Adivasi-stam wat in die dorp van Tamsai woon, bymekaar gekom het vir ’n erediens by die Yehovah Nisih Prayer Church. Ongeveer 20 Hindoes het ingebars, het ʼn lidmaat van die Bharat Patel kerk gesê.
Die indringers “het geskree dat daar geen plek vir aanbiddingsdienste in die dorp vir Christene is nie en dat as ons wil bid ons almal Mumbai toe moet gaan. (Hulle) het Bybels geskeur, musiekinstrumente gebreek en begin om ons aan te rand,” het hy gesê.
Patel het gesê dat sy linkeroor beseer is en dat drie ander lede ook beserings opgedoen het; een van hulle ’n ernstige sny op die kop. Die aanranding wat ʼn uur lank geduur het, het geëindig toe Christenleiers van die gebied tussenbeide getree het en die slagoffers die insident by die polisie aangemeld het.
Op 13 Januarie 2013 het die polisie ’n vergadering tussen die Christene en Hindoes gereël. Die ekstremiste het ingestem om hul sosiale boikot teen die Christene te staak en hul toegang tot water en ander dienste te herstel.
Daarteenoor het “die Christene ingestem om gebedsbyeenkomste in hul huise te hou, al het die Christene gesê dat hulle die betrokke rekords vir die gebedsaal het,” het Joseph Dias, sekretaris-generaal van die Katolieke Christen Sekulêre Forum aan World Watch Monitor gesê.
Die vrede het een dag geduur…
Krediet Open Doors Webwerf Hier http://www.opendoors.org.za/