Geskryf deur Mnr. Opperman tjcloete@absamail.co.za
Hfst 7 – 13
1. INLEIDING
Die total van die volk was 42 360. Die tempelbediendes het water en hout aangedra vir die Tempeldiens. 392 HET SAAM MET Serubabbel teruggekeer en 220 saam met Esra(618). Al die wat nie in die rekords gevind was nie se Priesterskap is bëeindig. Nehemia die Goewerneur was baie ryk. Sy kosrekening was nagenoeg R16 miljoen vir `n jaar. Die geld wat ingesamel was vir die opbou van die stad was: R77 miljoen in die vorm van goud, goud bakke, priestersklere, silwer.
In die boek kan ons ook sien dat die mensdom gevorderd is maar terselfdertyd agteruitgaan. Wanneer die morele en geestelike lewe agteruitgaan vernietig die mensdom homself. In teenstelling met die gedagte van evolusie waar alles sg. Stadig maar voortdurend verbeter.
2. NEHEMIA DIE GOEWERNEUR
Hy is die Goewerneur van die voltooide Jerusalem en die provinsie Judea onder beheer van die Perse. Ons sien hom in die rol in Hfst. 7-10. Daar is eienskappe van Nehemia wat uitstaan nl. Standvastigheid en eerbaarheid. Ongeag of ons saamstem met sy metodes, sy motiewe was altyd duidelik en eerbaar. Vier uitstaande kenmerke van hom:
1. Visie
2. Duidelikheid (Eenvoud)
3. Ferm optrede
4. God vererend.
3. SEKURITEITS MAATREëLS
In hfst. 6:1-3 sien ons hoe Nehemia die reels maak tov sekuriteit vir die veilige “sekuriteitsoord” hy vertrou die taak toe aan die Leviete wat snaaks klink, maar onthou dat hulle ongeveer die helfte van die bevolking uitgemaak het. Verder was hulle eerbare manne. Verder stel hy twee Munisipale beamptes aan om oor dié werk toesig te hou. Dit was Hanáni en Hanánja. Hanánja was alreeds die Kommandant van die stad/fort.
4. BEVOLKINGS PROBLEEM
Nehemia takel nou die problem van te min mense. Die mense is min en wyd verspreid. Hy rëel vir `n sensus as eerste stap. Hy bekyk die rekords en die getalle word reggestel deur gebruik te maak van die Urim en Tummim. Die “lot” word gewerp om te bepaal wie anders in die stad mag inkom.
Eks _28:30 Jy moet ook in die borstas van beslissing die Urim en die Tummim sit, dat hulle op die hart van Aäron kan wees as hy voor die aangesig van die HERE ingaan. So moet Aäron dan die beslissing van die kinders van Israel gedurigdeur op sy hart dra voor die aangesig van die HERE.
Lev_8:8 Verder het hy hom die borstas aangeheg en in die borstas die Urim en die Tummim gesit.
Num_27:21 En hy moet voor die priester Eleásar staan, dat dié vir hom die beslissing van die Urim kan vra voor die aangesig van die HERE; volgens sy uitspraak moet hulle uittrek en volgens sy uitspraak moet hulle intrek, hy en al die kinders van Israel saam met hom en die hele vergadering.
Deut_33:8 En van Levi het hy gesê: U Tummim en u Urim is vir die man, u gunsgenoot, u wat deur U beproef is in Massa, met wie U getwis het by die waters van Mériba;
1Sam_28:6 En Saul het die HERE geraadpleeg, maar die HERE het hom nie geantwoord nie—nie deur drome en nie deur die Urim en nie deur die profete nie.
Esra_2:63 En die goewerneur het aan hulle gesê dat hulle nie mag eet van die hoogheilige gawes nie, totdat ‘n priester sou optree met Urim en Tummim.
Neh_7:65 En die goewerneur het aan hulle gesê dat hulle nie mag eet van die hoogheilige gawes nie, totdat die priester sou optree met Urim en Tummim.
Ongeveer `n tiende van die bevolking van Judea kry so `n kans om binne die stad te kom woon. Die byhou van die geboorteregisters is volgens die wil van God. Daar moes met sekerheid bepaal word wie die ware volk van God was. Die rede is vanselfsprekend.
5. TERUG NA DIE BYBEL
Hfst 8 -10. Die Woord is uitgehaal en aan die hele volk voorgelees. Die volk het opgestaan. Dit was voor die Waterpoort en dit was `n groot oop spasie. Die Wet van Moses is voorgelees. In hoofstukke 8-10 word daar weer gefokus op die Woord. Esra lees die Woord voor en die Huttefees word gevier. Die Woord is elke dag gelees. Dit is `n dag van verootmoediging vorr God waar die mense hul sondes en swakhede voor God bely het en erken het hoe God genade gegee het. Hulle het ook `n verbond met God gesluit om hul lewens in te rig volgens God se wil (Sy woord)
6. DIE NUWE SENSUS
Hier word ekstra mense ingebring in die stad in en dia wat deur God aangewys is, aanvaar die beslissing met blydskap. Die sensus was een waar die getalle bepaal is van die “versterkte” volk.
7. DIE SëEN/TOEWYDING VAN DIE MURE
Daar is `n tydperk van 12 jaar na die einde van hfst 11 en die sëening/toewyding van die mure. ( dedication) {die kruis saam met die kroon.}
Dit was in die vorm van `n fees met drie fases. I – twee groepe met sangers wat God geloof en prys het, II – daarna is die Wet voorgelees en III – Die skeiding van die gemengde deel van die ware Israel. Dit is die klimaks van die boek en `n blye dag vir Esra en Nehemia. Offers is gebring en God is geër en die volk het hula an God toegewy en hulself “commit”
8. LAASTE GEDAGTES OOR NEHEMIA
Gedurende sy afwesigheid vind daar ongeruimdhede plaas (Eljasib gee vir Tobia `n Ammoniet plek in die Tempel) Ons sien Nehemia se ywer vir God en hy bly sterk tot op die end. Hy handel met vining met sonde en roei dit uit.
As Goewerneur:
Vul hy die volk aan
Red hy Jode uit slawerny
Skaf skuld af
Streng Sabbats voorskrifte word ingestel
Stel `n Tempel heffing in
Stel `n hout verskaffings plan in
Ontering van die Tempel word reggestel
Her-instelling van die tiende beginsel
Skeiding van vreemde vroue en volke
Verkeie ander sake onder andere maatrëels rondom die Stad se hekke.
Nehemia is `n wonderlike voorbeeld vir ons. Wat ook uitstaan is sy gebede (x 8) God is soewerein, Hy is alomteenwoordig, en God hoor en antwoord elke desperate en smekende gebed.
Twee sake – die herbou van die muur – voltooid en die toewyding van die muur – toewyding tot God. Die mure van Sion en die vreugde van die bruid dit is wat voorlê.