Geskryf deur Mnr. Opperman tjcloete@absamail.co.za
 

NEHEMIA

  1. Inleiding

Nehemia beteken verligting van God. Die boek is geskryf deur Nehemia en Esra. Die Tema van die boek: dis verdeel in 4 gedeeltes.

I

Hoofstuk 1 -7

Geskiedenis van Nehemia in Babel en sy 12 jaar as Goewerneur in Judea

II

Hfst 8 – 10

Rekord van gebeure waarvan Esra en Nehemia deel is

III

Hfst 11:1 – 12:26

6 belangrike naamlyste van Joodse ballinge wat teruggekom het na Jerusalem

IV

Hfst 12:27 – 13:31

Bevat `n record van die bou van die mure en sekere veranderings wat Nehemia ingebring het

Doel: om die lang proses aan te dui van die opbou van Jerusalem en herstel van Israel na die ballingskap. Dit dui op baie van die probleme wat die volk deurgemaak het om weer `n nasie te word en hoe God hul gehelp het om die omstandighede te oorkom.

Statistiek: 16 de boek van die Bybel met 13 hoofstukke, 406 verse, 10 483 woorde, 3 verse van vervulde professie, 3 voorspellings, 14 opdragte, geen beloftes, 24 vrae.

Hierdie boek vertel ons hoe die volk onder nuwe leierskap die mure van die stad Jerusalem herbou en hoe die volk weer opgelei is in die Woord van GOD. Die opbou van die mure illustreer ook ware diens aan God en die een wat aandag gee aan die lesse in hierdie boek sal `n wyse en suksesvolle geestelike lewe kan bou. Die boek is in ongeveer 430 VC geskryf. Die herstelde oorblyfsel is nou al vir meer as 90 jaar terug in Judea. Serubabel het reeds gesterf en plek gemaak vir `n nuwe generasie. Wat het in die 90 jaar gebeur? Die tempel is herbou, wel nie so indrukwekkend soos vantevore nie. Die tempel is in vier jaar, vyf maande en tien dae voltooi.

Esra keer terug na Jerusalem met tussen 2000 – 3000 mense. Morele en geestelike omstandighede was vêr van die verwagte standard. Ondertrouery met die inwoners van die land was aan die orde van die dag. Dit het `n afgodsdiens infiltrasie tot gevolg gehad wat die volk uiteindelik kon vernietig. Esra herstel hierdie toestand dadelik. Twaalf jaar na Esra kom Nehemia in Jerusalem en die mure en hekke van die stad is steeds in puin. Die volk verkeer in groot smaad en ellende. Skuld en sabbat ontheiliging is aan die orde van die dag, dit is die agtergrond van hierdie boek.

 

  1. ONDERWERP EN STRUKTUUR

Nehemia se doelwit was die herbou van die stad se mure. Die boek Esra bestaan uit twee gedeeltes in die eerste gedeelte onder leierskap van Serubabel word gefokus op die herbou van die tempel en in die tweede gedeelte onder leierskap van Esra word gefokus op die herstel van die aanbidding. Die boek Nehemia is `n natuurlike opvolg op die boek Esra bevat ook twee gedeeltes. In die eerste gedeelte onder leierskap van Serubabel word op die herbou van die stad se mure (1-6) en in die tweede gedeelte fokus op die her –opleiding van die volk. Waar Esra die boek was van die herstel is Nehemia die boek van her-opbou (rekonstruksie). Ester wat volg is die boek van behoud/instandhouding. Esra – restourasie, Nehemia – rekonstruksie en Ester – behoud/instandhouding

 

  1. SAMESTELLING

Nehemia die boek van rekonstruksie

Rekonstruksie van die muur

Hfst 1 – 6

Nehemia se gebed

Hfst 2:1-11

Nehemia se ekspedisie

Hfst 2:1-16

Nehemia se aansporing

Hfst 2: 17-20

Die herbou poging

Hfst 3: 1-32

Die bouwerk onderbreek

Hst 4 -6

Die bouwerk voltooi

Hfst 6:15 -19 (52 dae)

DIE HER-OPLEIDING VAN DIE VOLK

Hfst 7-13

Her-registrasie van die oorblysel

Hfst 7

Her-inskerping van die Woord

Hfst 8

Her-toewyding van die volk

Hfst 9 -10

Her-bevolking van die stad

Hfst 11

Her-inwyding van die mure

Hfst 12

Her- uiroeiing van sonde

Hfst 13

Hierdei table gee `n oorsig van die boek en die vorm daarvan in `n oogopslag. Die boek behoort verder ontleed te word en gee opdrag in terme van die geestelike lewe en ons kyk vervolgens daarna.

 

  1. GEESTELIKE BOODSKAP

As ons na Nehemia kyk sien ons `n sterk, ernstige en Godellike held wat sy volk onverskrokke lei in die eerste gedeelte van die boek en wat daarna kompromie teenstaan asook laksheid en intrigue in die tweede gedeelte van die boek vin dons die geestelike boodskap van dit alles wat tuisgebring word met groot mag. Laat ons ag gee op die roepstem na ons! DAAR IS GEEN OORWINNING SONDER WERK EN SONDER GEVEG NIE. Daar is geen geleenthede sonder opposisie/teenstand nie. Dar is geen oop deur voor ons sonder baie teenstand nie, wat ons verhinder nie. As die leiers sê: Staan op en laat ons bou, sê die teenstanders staan op en laat ons teenstand bied. Daar is geen oorwinning sonder moeite nie, daar is geen oorwinning sonder waaksaamheid nie. Daar is `n kruis in die pad van elke kroon wat die moeite werd is om gedra te word.

Dar is baie lesse uit hierdie boek. Daar is lesse van die mure van `n stad vir God wat in elkeen van ons harte gebou moet word, wat tussen die volke van die wêreld gebou moet word. Nehemia gee die instruksies wat nodig is daarvoor. Nehemia is `n uitstaande karakter studie vir die kind van God. Hy is `n gebedstryder, `n geloofsheld, `n dapper held en `n man van aksie. Diep gelowig, heeltemal nederig , deur en deur practise! Dit is wat God van ons verwag in Sy diens!

 

  1. DIE MAN EN SY VERHAAL

Hier vind ons die twee sake onafskeidbaar deel van mekaar. Wat sou gebeur as iemand met `n twyfelagtige karakter hierdie opdrag van God moes uitvoer? Hier was `n man wat die krisis kon hanteer. Dit is egter nie net die man wat die storie maak nie, die storie/verhaal maak die man. Die uitdagings en teenstand en moeilikheid bring die beste van Nehemia na vore. Hoe baie gebeur die nie, ons kan baie maal dankie sê vir di twat oor ons pad gekom het, die terugslae, swaar tye, teenstand wat ons beproef het. Dinge wat ons gedink het breek ons, het ons inderdaad opgebou as ons terug kyk. Ons sien Nehemia in drie hoedanighede: i) As dienskneg/vaandeldraer, ii) Hersteller van die muur en iii) goewerneur

 

I – SKINKER/DIENSKNEG/VAANDELDRAER

Nehemia was die seun van Hagálja en uit die stam van Juda en het groot geword in ballingskap en werk as koninklike skinker in die Koning se paleis. Die posisie wat baie gesog en was `n baie verantwoordelike en prominente pos met hoë aansien en invloed. Sy broer Hanani bring vir hom die hartverskeurende nuus van die toestand van die stad Jerusalem en sy volk in Judea en hy is platgeslaan. Hy ween en bid en vas daarna want sy volk is in groot ellende en smaad en die mure van Jerusalem is stukkend en die poorte verbrand. Dit het sy volk weerloos gelaat. Dink aan `n huis sonder mure rondom en sonder deure vandag in Suid Afrika.

Dit was nie maklik om die pos van skinker vir die koning te verwerf nie en moeiliker om daaruit te kom as in. Sy voorkoms en gesigsuitdrukking was duidelik sigbaar vir Artasasta die koning en dit kon sy dood beteken het. Dit was `n halsmisdaad in daardie tyd. Ons moet kennis neem dat heiligheid nie onversoenbaar is met aardse sukses nie. `n Goddellike karakter en sulke beginsels dra beslis by tot sukses.

II – DIE MAN EN DIE VERHAAL

Nehemia die bouer van Jerusalem se muur – Nehemia is bewapen met koninklike toestemming en outoriteit en met God se genade maar daar wag steeds die onbekende. Hy vertrek na Jerusalem met `n klomp koninklike soldate en voltooi sy reis in ongeveer drie maande. Op sy roete moes hy verby `n aantal provinsies van Artasasta reis. Vir die doel moes hy briewe saamneem om hom toe te laat om voort te mag gaan. Hy moes deur die gebiede van Sanbállat en Tobia ook trek en hulle was baie verergd. Hulle sou ook verder sy missie baie bemoeilik. Hy bereik Jerusalem veilig en na drie dae verken hy die bouvalle in die geheim, in die nag. Hy doen dit sonder om iemand daaroor in te lig. Hy maak `n opname om te bepaal hoe die werk gedoen moes word en wie vir watter werk/gedeelte verantwoordelik sou wees. Die werk is toe gedoen in 52 dae ongeag die teenstand wat ondervind is. Die stadspoorte is herstel en wagte is aangewys om die poorte te bewaak en oop en toe te maak op spesifieke tye. Nehemia se doelwit is bereik binne ses maande nadat Artasasta hom toegelaat het om te gaan.

Hy het meesterlik beplan met Goddellike instaatstelling. Die werk is sorgvuldig verdeel en sistematies voltooi. (`n Meesterlike stukkie projek bestuur) daar was 42 spanne werkers en elkeen werk teenoor sy huis. Dit gee aan hulle eienaarskap en verantwoordelikheid. Ons eerste verantwoordelikheid teenoor God is altyd ons eie omgewing eerste. Ons kan die kombinasie van die geestelike en die praktiese regdeur die boek Nehemia vind. Vandag probeer ons te veel self doen en vergeet om te wag op God. Ons werk harder en harder en doen meer en meer sonder om die regte werk op ons knieë te doen.

Die mees treffende van die verhaal van Nehemia is die teenstand en terugslae wat hy ondervind het. Ons tref drie vorme van teenstand aan van buite en drie vorme van teenstand van binne.

 

VORME VAN TEENSTAND VAN BUITE

TEENSTAND VAN BINNE

  1. Veragting/bespotting – Neh 4:1-6

Sanbállat was kwaad en hy spot met die Jode en bevraagteken alles wat hulle doen en werp twyfel op alles wat hulle doen. Hoe reageer Nehemia hierop/ hy hou aan bid en werk. Ons moet aanhou om te bid en om siele te wen vir God se koninkryk. God hoor gebed en beloon harde werk altyd.

1.Wrakstukke – Neh 4:10

Afgebreekte muur, verbrande poorte. Sanbállat verwys na `n hoop Rommel. Die aanwys van wagte neem baie werkers uit die prentjie. Hulle moes waak en werk. Spies in die een hand en “troffel” in die ander. Daar is te veel Rommel in ons kerke en in ons lewens. Sonde ….

  1. Mag – Neh 4:7-23

Toe bespotting en smaad nie meer werk nie gaan die vyand oor tot `n ander taktiek nl. Geweld. Hulle dreig die volk en huur iemand om vrees in te boesem – Semája, dreigbriewe, sameswering.

Bid en wees waaksaam, werk en veg

2.Vrees – Neh 4: 11-14

Jode van die omliggende gebied het gedurig inligting gebring van `n verwagte aanval van buite. Dit het die werkers uitgeput. Vrees kan `n mens uitput. Vrees het vandag nog `n negatiewe uitwerking op Christene. As daar na omstandighede gekyk word ipv na God. Nehemia se volk het na die massa van die viand gekyk. Vandag nog kyk ons na die massas en die aanslag en nie na God toe nie. Nehemia se antwoord kyk na God, kyk na die grote en gedugte Here. Veg vir julle familie en nageslag en jul eiendom – dit alles lê mense na aan die hart. Alles is op die spel!

Wees bewapend in jou gereedheid – gereedskap in die een hand en wapen in die ander. Terwyl hul veg moes hulle bou. Drie dinge is noodsaaklik, nl.

Ons moet God onthou!

Hou die feite in gedagte – ons geloof, die Woord van God, Jesus Christus en sy bloed wat aan die kruis moes vloei! Siele is op die spel…

Ons moet onsself bewapen om te veg! – met die Bybel (Woord), gebed, die Heilige Gees se werking in ons.

  1. Lis/sluheid – Neh 6:1-19

Valse voorwendsels – wil onderhandel, ontmoet. Nehemia se antwoord ek is besig!

Bluf – uitoorlê – `n klag teen Nehemia by die koning – rebellie. Nehemia is eerlik en bly bid.

 

3.Begeerte – Neh 5:1-13

`n Plaag van gierigheid/begeerte – grond is verpand en mense moet lewe. Skuldenaars wil skuld nie afskryf nie. Die rykes buit die armes uit. Eie gewin. As die viand/satan nie kan oorwin deur gemors/Rommel nie dan vrees of gierigheid.

Nehemia konfronteer die skuldiges, stel die voorbeeld, die skuldiges erken en bely.

Almal se Amen en prys God.

Ten spite van al die teenstand is die oorwinning groot en is die God sin. Laat ons saam lees hiervan, leer hieruit en optree soos Nehemia dit gedoen het.

Die stryd is groot, die aanslae baie en fel en die tyd is min! kom ons gebruik di tom God te verheerlik en siele te wen vir Sy koninkryk. Hy is `n voorbeld en inspirasie vir ons.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00