In Moab se velde het hulle gaan bly
By Betlehem was daar geen brood meer te kry
Die man Elimeleg, sy kinders en vrou
Voorheen het hul net op die Here vertrou
Naomi het weldra ‘n smartweg betree
Haar pad lei deur dieptes van doodskaduwee
Haar man en twee seuns het sy albei verloor
Net sy bly alleen as ‘n vreemdeling oor
Maar God het in Betlehem weer brood gegee
haar bitter verlede wou Hy skoon uitvee
sy maak toe haar keuse om gou terug te keer
In Moab se land moes sy duur lesse leer
Voor almal se oë kom sy weer daar aan
Die hele stad hoor dit en jubel nou saam
Noem my tog nou Mara, – dis bitter in my
Die draai daar in Moab het my swaar laat ly
Naomi kry vrede, die saad is gesaai
Want Rut word haar dogter, sy wou nie omdraai
Dis oestyd in Betlehem, vreugde wat wag
Want Jesus ons Heer kom uit haar nageslag