Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

’n TEKEN VIR GETUIENIS.!

 

’n Man het elke oggend hierdie gebed gebid:- “ Here, indien U wil hê dat ek vandag teenoor iemand moet getuig, dan moet U my ‘n teken gee sodat ek kan weet wie dit is.”

 

Ja, elke oggend het hy dit gebid.

 

Die dag se werk is gedaan en hy is oppad huistoe. In die bus het hy met sy eie gedagtes gesit. Die bus was bykans leeg en ‘n baie groot man het langs hom kom sit. Die skamerige Christen kon nie wag om by die bushalte af te klim nie. Dit is nog, voordat die spanning oor die groot man langs hom, hom kon beetpak, bars hierdie groot man in trane uit.  Die volgende oomblik roep hy met ’n bulderende stem uit: “Ek het nodig om gered te word! Ek is ’n sondaar! Is daar iemand wat my kan help! Is daar iemand wat vir my kan sê wat om te doen om gered te word!”

 

Die groot man het na die Christen gedraai en gevra:- “ Kan jy vir my sê wat om te doen om gered te word?”

 

Die Christen het dadelik sy hoof gebuig en begin bid:- “ Here is dit die teken?”

 

Soek jy ’n teken om te begin getuig? Mense het God nodig! Alle mense het nie die kennis wat Jy het oor God nie! Dus verlang die Here van jou om te getuig? Getuig hoe die Here jou gered het! Getuig wat God vandag in jou stiltetyd vir jou gedoen en gesê het! Vertel mense van Jesus Christus se liefde, reddende genade en Sy vervulling met die Heilige Gees!

 

HAND. 10:43  Aangaande Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergifnis van sondes deur sy Naam ontvang.

 

GEBED

 

Here, dankie dat ek kan getuig van Christus Jesus. AMEN

0:00
0:00