ń Seun vir ons gebore
Vir die wêreld was daar ń Seun gebore
ń mensdom heeltemal verlore
Reddende genade het Sy lewe gekos
Alles om Sy volk van hul sondes te verlos
Mag dit nie net vandag wees wat ons aan Jesus Christus dink
Maar liewer ń daaglikse wandel wat diep spore in hierdie wêreld sink
Dink na oor ons Verlosser wat volkome red
Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het….
MATTHÉÜS 1:21
en sy sal ’n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.