Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

’n LIED VIR DIE HERE.

 

John Denley het in Engeland gewoon in die jare 1555.

 

Op ’n dag , op pad na vriende, is John Denley voorgekeer en deursoek deur die owerhede. Hulle het ’n geskrewe belydenis van sy geloof by hom gevind. Denley het geglo dat die kerk gebou is op die apostels en profete, met Christus as die hoof en dat die huidige staatskerk, die Kerk van Engeland, nie deel van die ware kerk was nie. In sy tyd is talle leringe nie volgens die Bybel waarhede gepredik nie.

 

Hieroor is hy oorgelewer aan ’n plaaslike regeringsamptenaar wat hom op sy beurt aan die biskop oorhandig het vir ondervraging. Denley wou nie van sy geloofsbelydenis afstand doen nie, dus is hy ter dood veroordeel en tronk toe gestuur.

 

Binne ses weke is hy na die brandstapel gestuur om verbrand te word. Toe die houtstapel onder hom aan die brand gesteek word, het Denley geen vrees getoon nie. Hy het blymoedig ’n psalm gesing terwyl die vlamme rondom hom gelek het. Een van die folteraars het ’n stuk hout opgetel en dit na hom gegooi. Dit het hom in die gesig getref. Die doel was om Denley kwaad te maak of te laat stilbly, maar Denley het net gereageer met:- “Ag nee, nou het jy ’n goeie lied belemmer.” Hy het aanhou sing totdat hy nie meer kon nie.

 

                                                                                                UIT:- FANATIES VIR JESUS

 

MATT. 5:12  Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle gewees het.

 

Dit is wat Jesus vir jou en my vandag ook sê!  Wees bly wanneer die vervolging na jou toe kom en ook bly om die Here te verheerlik.

 

Die aanslae teen die kinders van God sal al hoe meer vererger soos die tyd uitloop.  

 

WEET DIT EN AANVAAR DIT!!

 

GEBED

 

Here, die aanslae is vir niemand lekker nie! Ek weet dat U dit ervaar het en so sal ek as U kind ook getoets word. Versterk my dat ek U nie sal verloën nie? AMEN

0:00
0:00