'n Getroue Getuie - Charles Spurgeon

“Want jy sal sy getuie wees by alle mense van wat jy gesien en gehoor het.” (Handelinge 22:15)

Paulus is uitverkies om die Here te sien en te hoor wat vanuit die hemel tot hom spreek. Hierdie goddelike uitverkiesing was ‘n groot voorreg vir homself; maar dit was nooit bedoel om by hom te eindig nie. Dit moes ‘n invloed hê op ander, ja, op alle mense. Europa het die evangelie aan Paulus te danke in hierdie uur.

Dit is ons taak, volgens ons vermoë, om getuies te wees van wat die Here aan ons geopenbaar het. Dit is tot ons eie skade as ons hierdie kosbare openbaring verberg. Eerstens moet ons sien en hoor, anders sal ons niks hê om te vertel nie; maar wanneer ons wel gesien en gehoor het, moet ons gretig wees om ons getuienis te bring.

Dit moet persoonlik wees: “Jy sal wees.” Dit moet vir Christus wees: “Jy sal sy getuie wees.” Dit moet voortdurend en alles-omvattend wees; ons moet dit wees bo alle ander dinge en ten koste van vele ander sake. Ons getuienis moet nie slegs vir ‘n gekose paar wees wat ons met vreugde sal ontvang nie, maar vir “alle mense”—vir almal wat ons kan bereik, jonk of oud, ryk of arm, goed of sleg.

Ons moet nooit stil wees soos diegene wat deur ‘n stomme gees besete is nie; want die teks voor ons is ‘n bevel én ‘n belofte, en ons moet dit nie mis nie—”Jy sal sy getuie wees.” “Julle is my getuies,” sê die Here.

A Constant Witness Charles Spurgeon

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00