Geskryf deur THEUNIS

 

JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

’n EDELMAN SE ERFENIS.

Eeue gelede in een van die valleie van Europa was daar ’n edelman. Hy het deur die dorp gestap en wou graag iets vir die dorpie nalaat. Hy het toe die besluit geneem om ’n kerk te bou as erfenis vir die dorp.

Die planne vir die kerk is ’n geheim gehou  totdat dit voltooi sou wees.

Die dag het aangebreek dat die kerk aan die dorp oorhandig sal word. Die mense van die dorp het almal by die kerk byeen gekom en het met verbasing na die pragtige kerk gekyk. Talle mense het hom geprys en geloof vir die wonderlike werk en hulle dank uitgespreek daarvoor.

Een van die besoekers het toe gevra:- “Waar is die ligte vir die kerk? Die kerk het dan nie ligte nie!” Die edelman het sonder om te antwoord na hakke in die muur van die kerk gewys en daarna is aan elkeen ’n lamp gegee. Hy het toe aan hulle verduidelik:- “ Elkeen moet hierdie lamp brandend na die kerk bring. Hulle moet dit dan aan die muur hang waar hulle sit. Daar sal dan lig wees vir hulle in die omgewing waar hulle sit. Indien jy nie na die kerk kom, sal daardie gedeelte van die kerk waar jy sou sit donker wees. “

HEBR. 10:25  en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.

Mat 5:14  Julle is die lig van die wêreld. ‘n Stad wat bo-op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie;

:15  en ‘n mens steek ook nie ‘n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is.

:16  Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.

GEBED

Here, ek sal my lig laat skyn, nie net in die kerk nie, maar ook waar U my stuur! AMEN

0:00
0:00